Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: Pasop vir swartgat as jy belê

’n Swartgat in die heelal was vir my tot nou toe net so ’n vreemde konsep soos die ANC se etiekkomitee. Jy hoor daarvan, maar wraggies, daar is geen bewys van nie.

Nico van Gijsen

Tot die afgelope week, toe sterrekundiges vir ons ’n foto-bewys kon gee van die bestaan van die tot nou toe mitiese swartgat baie, baie ver in die hemelruim. Ons wag nog op ’n bewys van die ANC se etiekkomitee, maar dit eers daar gelaat.

Ons oupas het darem nou iets meer om ons kleinkinders mee te vermaak as hulle vra: “Oupa, vertel ons ’n ervaring . . .”

Die swartgat (deftige naam: gravitasiekolk) suig alles in. Tot waar weet niemand nog nie, maar dit suig. Selfs lig word ingesuig. En binne-in die swartgat word alles fyngemaal.

Só verduidelik hierdie oupa, geen fisikus nie, as al vier die klein mensies styf op en teen en oor hom sit-lê. Maar wat in sy kop maal en hy liewer nie die oomblik mee wil bederf nie, is die meer spreekwoordelike toepassing van die swartgat. Daardie een waarin ons onsself kan laat insuig tot waar ons fyngemaal word deur die voortdurende getimmer op ons psige deur beswaarde, negatiewe “kommentators”.

Mense wat eintlik maar menings van mekaar “leen” en dit met die oogklappe van eiebelang as die evangelie aanbied. En net soos skuld, as jy eers daardeur vasgevang is, is dit geneig om jou ook in ’n draaikolk vas te vang en dieper in te suig.

Só moes ons al hoor dat ons al ons bates moet verkoop en al ons geld in die buiteland moet belê. Ons land is gedoem. Die rand se waarde is oor die afgrond. Ensovoorts.

aarde, ruimte
Negatiwiteit is soos ’n swartgat - dit maal alles fyn. Foto: Pixabay

Maar intussen hou die rand se waarde heel goed. En het hy aansienlik versterk sedert ek die “verkoop-alles”-twak gehoor het, van sowat R17 tot dié week se verbetering tot onder R14 vir ’n dollar. En dit had niks te make met die ontdekking van die swartgat nie. Dis hoe die ekonomie werk.

Dis ’n bewys dat dinge in ons landjie, met sy droewige geskiedenis en sy politieke snert daarby, nie so ’n slegte plek is nie.

Baie huil nou by mense soos ek oor hulle hul beleggingsbesluite deur vreesaanjaery laat rig het. Ja, ons is ’n ontwikkelende land, daar is beleggingsrisiko’s, maar waar is daar nie?

As jy goeie groei wil hê, moet jy bereid wees om risiko te aanvaar. Jy moet dit net bestuur en nie jou ore uitleen aan dié wat saamsing in die koor van negatiwiteit nie. Jy moet in die buiteland belê wees, maar vir bate-verspreiding – dus risikobestuur – en nie omdat alles hier so sleg is nie.

Hier is goeie geleenthede in Suid-Afrika en met die regte raad kan jy baat vind by goeie kopies wat beskikbaar is. Juis danksy die negatiewe reaksies van die verloorders.

Ek het in my eie praktyk gaan kyk en met kollegas in die bedryf gaan gesels.

Dié wat vasgebyt het deur die swak jare het in die eerste drie maande vanjaar so rondom 7%-groei op hul – nie te riskante – beleggings gekry. Dit is gemiddeld 31%-groei oor ’n jaar!

En baie loop dit mis.

Natuurlik is dit nie volhoubaar nie. Die punt is, dit gaan goed. Jy moenie wag daarvoor nie. Jy moet daar wees as dit kom.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Geldsake  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.