Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: Resessie en jou beleggings

Ons het dié week verneem Suid-Afrika is tegnies in ’n resessie. Die vraag wat baie beleggers nou vra, is wat doen ons nou?

Nico van Gijsen

Laat ek begin met bly kalm, veral waar dit jou beleggings betref. En hier is my redes.

Resessies van tyd tot tyd is deel van die ekonomiese siklus. Die nuus die afgelope week was in elk geval ook nie so onverwags nie. Resessies kom en gaan.

As jy reg belê het, het jy nie veel om jou oor te bekommer nie. Die mark is toekomsgerig en die negatiewe uitwerking van die resessie op jou beleggings is waarskynlik reeds verreken.

Om nou op grond van emosie – en vrees is ’n emosie – aan jou beleggingsamestelling te gaan verander, kan dwaas wees.

Eerstens, dit is te laat, want die ekonomie is al ’n tyd lank traag. Onthou, om tegnies as ’n resessie beskou te word, moes die ekonomie twee agtereenvolgende kwartale al vrot verloop het. My punt is, hy is nou gedefinieer, maar hy is al lank met ons.

En tweedens, in watter stadium gaan jy weer jou batesamestelling aanpas? Wanneer ons ’n paar maande of jare se fantastiese groei gehad het? Wil jy jouself regtig bankrot spaar? Doen dan dit.

Wat is jou beste skans teen die negatiewe gevolge van ’n resessie? Diversifisering. Om die ou cliché aan te haal: Jy wil nie al jou eiers in een mandjie hê nie.

Wat is jou beste skans teen die negatiewe gevolge van ’n resessie? Diversifisering. Om die ou cliché aan te haal: Jy wil nie al jou eiers in een mandjie hê nie. Foto: Pixabay

Ons het die afgelope jaar of twee, drie gesien hoe ’n oordeelkundige batesamestelling vir kliënte gehelp het om, selfs in ’n lou mark, steeds inflasie te klop. En meer onlangs – in die tyd wat dit geneem het om die resessie tegnies te definieer – goed te klop.

’n Paar dinge staan vir my uit as ons van sinvolle langtermynbeleggings praat. Die eerste is om jou nie aan die neus te laat lei deur sogenaamde wenner-fondse nie. Dit is gewoonlik fondse met ’n hoërisiko-element.

En, ek is jammer om dit te moet sê van mense in my bedryf, dit is ook gewoonlik die fondse wat aanbeveel word deur makelaars, agente, of raadgewers (kies jou benaming), wat “gratis” en spekulatiewe aanbevelings doen.

Niemand werk verniet nie en hy moet ’n manier kry om jou sake te bekom, daarom die geelwortel van ’n superhoë opbrengs.

’n Groot deel van jou portefeulje moet in aandelefondse belê wees, selfs as jy ’n konserwatiewe belegger is. Inflasie vreet jou geld se waarde ewe veel – of jy nou konserwatief of aggressief is, min geld het of baie.

Ek kan uiteraard nie hier sê hoeveel in aandele nie, want mense se tydhorisonne, behoeftes en vermoëns verskil. Maar sonder aandele in jou belegging, is jy op pad armoede toe.

’n Deel van jou belegging in buitelandse aandele is belangrik. Ons resessie raak nie die ekonomie in byvoorbeeld Amerika nie en dus ook nie jou blootstelling aan aandele daar nie.

Maar moet tog net nie die doemprofete se twak glo en al jou geld in die buiteland belê nie. Dit is ’n bykomende risiko wat jy aanneem en net soos wat jy in die buiteland belê om jou risiko-blootstelling hier te beperk, moet jy jou risiko daar ook nie te groot maak nie.

Opsommend? Ek het die week uit pure stuitigheid vir ’n batebestuurder gevra wat doen hy nou in die resessie. Sy antwoord? Niks. Ek stem saam. Doen niks.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Aandele  |  Bbp1802  |  Beleggings  |  Resessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1045,57 (1578)
  • Top 40 50219,76 (2284)
  • All Share 56381,29 (8265)
  • Resource 10 43075,79 (10792)
  • Financial and Industrial 30 75226,26 (1943)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.