Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
OBK: Vakbonde bly oor kommissie, maar...
Die kommissie se opdrag sluit in ’n hersiening van die OBK se korporatiewe beheer- en bedryfsmodel.

Die vakverbond Cosatu en die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) verwelkom pres. Cyril Ramaphosa se besluit om ’n kommissie van ondersoek na die korporatiewe beheer by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aan te stel.

Hulle vrees egter die kommissie gaan die wysigingswetsontwerp oor die openbare beleggingskorporasie vertraag.

Die nasionale tesourie het Ramaphosa se besluit verlede week aangekondig en gesê die kommissie se opdrag sluit in ’n hersiening van die OBK se korporatiewe beheer- en bedryfsmodel; ’n moontlike wysiging van die wetgewing wat die OBK opgerig het; sy akte van oprigting en sy raamwerk vir beleggingsbesluite.

Ivan Fredericks, hoofbestuurder van die VSA, sê in ’n verklaring hulle hoop die ondersoek word vinnig afgehandel sodat belastingbetalers se geld nie gemors word op ’n uitgerekte proses wat nie sinvolle resultate lewer nie. Hy hoop ook dit is ’n kommissie sonder politieke inmenging en dat ’n ondersoekspan met integriteit aangestel word.

Cosatu sê hy steun “enige poging om korrupsie te bekamp en die werkers se geld te beskerm”. Die vakverbond kla egter dat die regering nie met “werkers oor die kommissie se opdrag gekonsulteer het nie”.

“Dit is werkers se geld wat die OBK bestuur. Hoe vinniger die regering besef dit is nie ’n kleinkas waaruit geld gevat kan word om staatsondernemings te red wat op die rand van ineenstorting is weens korrupte politici, uitvoerende hoofde en hul families nie, hoe beter,” sê Cosatu in ’n verklaring.

Die vakverbond is bekommerd en kwaad dat die afhandeling van die wysigingswetsontwerp oor die OBK nou vertraag gaan word totdat die kommissie se werk afgehandel is. Hy dring daarop aan dat die parlement die werk oor die wysigingswetsontwerp voor einde November afhandel. “Die regering moet die onafhanklikheid van die wetgewer respekteer en ophou om die vordering met die wysigingswetsontwerp te belemmer.”

Cosatu sê die wetsontwerp is deur ’n komitee van die parlement geskep en nie deur ’n staatsdepartement nie. “Dit is een van die belangrikste pro-werker-wetsontwerpe sedert 1994.

Dit sal ’n belangrike instrument wees in die bekamping van korrupsie en om werkers se geld te beskerm.”
Volgens Cosatu het die parlement die afgelope jaar omvattende werk ten opsigte van die wetsontwerp gedoen. Dit maak onder meer voorsiening daarvoor dat verteenwoordigers van vakbonde wat staatsamptenare verteenwoordig, op die direksie dien, en vir groter deursigtigheid oor sy beleggings.

Federicks sê hulle is bekommerd oor die deursigtigheid van dié proses en die kriteria wat die OBK gebruik om beleggingsbesluite te neem namens die staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF).

“Die insluiting van verteenwoordigers van die vakbonde (op die direksie) sal hiermee help.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.