Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Old Mutual belê in bitcoin
Bitcoin is ’n plaasvervanger vir goud, wat op sy beurt ’n alternatief tot geld is, glo Old Mutual. Foto: Pixabay

Old Mutual se internasionale batebestuursafdeling het pas bitcoin ingesluit by sy effektetrustfonds wat in edelmetale belê.

Die Old Mutual Gold and Silver Fund gaan tot 5% van sy bates in kriptogeldeenhede belê.

Suid-Afrikaners kan nie in rand in die fonds belê nie. Die fonds word deur Old Mutual Global Investors bestuur. Suid-Afrikaners kan daarin belê as hulle hul buitelandse toelae gebruik en deur die Old Mutual International-platform belê.

Dis ’n fonds wat slegs vir meer welvarende beleggers voorsiening maak, met ’n minimum belegging van £35 000, $52 500 of €52 500, het Old Mutual bevestig.

Volgens Ned Naylor-Leyland, fondsbestuurder, gaan die wins wat uit bitcoin gemaak word, in goud- en silwerbates herbelê word.

“Bitcoin is eksplisiet ontwikkel om digitale goud te wees,” sê Naylor-Leyland. “Bitcoin baan die weg vir die herbekendstelling van goud as wêreldgeld.”

Hy sê dit maak sin om kriptogeld in te sluit in ’n edelmetaalfonds.

Bitcoin verhandel op die oomblik teen meer as $8 000. Daarteenoor verhandel goud al heeljaar in ’n nou band om $1 200 per fynons.

Die virtuele geldeenheid het ewe veel ondersteuners as skeptici.

Michael Novogratz, wat besig is om ’n verskansingsfonds vir kriptogeld op die been te bring, voorspel dat bitcoin teen die einde van die jaar $10 000 sal haal.

Ronnie Moas van Standpoint Research verwag dat bitcoin in 2018 selfs $14 000 gaan haal.

Goldman Sachs reken egter dat goud ’n betroubaarder plaasvervanger vir geld as kriptogeldeenhede is.

Naylor-Leyland verskil hiervan. Hy sê blokkettings los die probleem op van goud wat nie verdeel kan word nie, asook van likiditeit.

Old Mutual se Britse batebestuursafdeling gaan eersdaags herdoop word tot Quilter en gaan in 2018 afsonderlik noteer, is onlangs bekend gemaak. 

Meer oor:  Kriptogeld  |  Beleggings  |  Bitcoin  |  Old Mutual  |  Virtuele Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.