Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Opsies vir Hoëveld-beleggers
hoëveld
Gauteng vorm deel van die Hoëveld.

Beleggers wat destyds hul geld in die Hoëveldsindikasies belê het, is in Januarie vanjaar gevra om dié geld te ruil vir aandele in die JSE-genoteerde Accelerate Property Fund.

Accelerate Property Fund sê egter hy is geensins betrokke by die uitreik van enige aandele aan Orthotouch-aandeelhouers nie.

Orthotouch, die maatskappy wat veronderstel was om die beleggings in die mislukte Hoëveldsindikasies te red, het ’n brief aan sommige beleggers gestuur waarvolgens hulle hul oorspronklike kapitaal kan omskakel in aandele in Accelerate. Die aandele sal teen R7,50 gekoop word. Accelerate verhandel egter rondom net R4 per aandeel.

Beleggers sal ook elke Julie en Desember dividende van die maatskappy ontvang, lui die brief. Dié wat die opsie aanvaar, moet onderneem om te onttrek van regstappe jeens die Hoëveldsindikasies en Orthotouch.

In nog ’n brief word beleggers die opsie gebied om hul kapitaal om te skakel in die “Capital Growth Fund”, wat op sy beurt aandele in Accelerate het.

Johan Stander, ’n bestuurslid van die Highveld Syndication Action Group (HSAG), sê geen inligting is beskikbaar oor die bates wat dié maatskappy besit nie. Hy sê die HSAG se standpunt is dat mense nie die opsie moet aanvaar nie omdat hul belegging dan minder werd gaan wees.

Accelerate het by navraag aan Rapport gesê hulle is bewus van die aanbod, maar is nie daarby betrokke nie. “Nes met enige genoteerde maatskappy is Accelerate se aandele beskikbaar deur die JSE. Genoteerde aandele is ’n bate wat gebruik en verhandel kan word deur die houer daarvan sonder dat die maatskappy vooraf daartoe instem.”

Intussen word talle beleggers se opbrengs sedert Junie verlede jaar nie betaal nie. Sedert Augustus 2017 was die betalings laat, en soms is rente nie betaal nie.

Orthotouch het nie op navrae om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Beleggings  |  Beleggers  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.