Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
SA beleggers koester té hoë verwagtinge
Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Suid-Afrikaanse beleggers het van die hoogste verwagtinge oor hul beleggingsopbrengs oor die volgende vyf jaar ter wêreld – bykans 3 persentasiepunte hoër as die wêreldgemiddelde en 8,4 persentasiepunte hoër as die werklike opbrengs oor die afgelope vyf jaar.

Dit blyk uit die Britse batebestuurder Schroders se wêreldwye beleggerstudie vir 2018 wat saamgestel is uit ’n opname onder 22 000 welvaartbeleggers in 30 lande.

Hiervolgens verwag Suid-Afrikaanse beleggers oor die volgende vyf jaar ’n gemiddelde jaarlikse opbrengs van 12,8% vergeleke met die werklike jaarlikse opbrengs van 2013 tot 2018 van 4,4% (gegrond op die MSCI-wêreldindeks, in rand).

Claire Walsh, direkteur van persoonlike finansies by Schroders, sê daar moet nie op verwagtinge staatgemaak word vir finansiële beplanning nie.

“Die verwagtinge van hoë opbrengste kan kommer wek by finansiële beplanners. Die navorsing wys die belangrikste rede waarom mense spaar, is om in aftrede gemaklik te kan leef. Hierdie planne kan uitrafel as die opbrengste laer as verwag is,” sê sy.

Schroders se data dui daarop dat beleggers meestal in aandele belê – 31% vir Suid-Afrika teenoor die wêreldgemiddelde van 33%. Walsh sê die navorsing fokus op aandele vanweë hul hoër risiko en potensieel hoër opbrengs.

“Dit beklemtoon die vlak van optimisme onder beleggers, gegewe dat hul verwagtinge gegrond is op ’n portefeulje van gemengde beleggings en spaargeld, wat laer opbrengste kan lewer.”Internasionaal is beleggers se verwagtinge geanker in ’n besonder sterk vertoning van aandelemarkte oor die afgelope vyf jaar. Die MSCI-wêreldindeks het sedert 2013 12,2% per jaar gelewer.

beleggings

Sy waarsku historiese opbrengste is nie ’n aanduiding van wat in die toekoms gaan gebeur nie.

“Die Suid-Afrikaanse aandelemark het egter ’n power vertoning in dié tydperk gelewer. Teen einde November het die JSE se indeks van alle aandele ’n geannualiseerde opbrengs van 6% per jaar gelewer, wat net effens hoër as die inflasiekoers was.”

Net beleggers in Rusland (13 persentasiepunte) en die Verenigde Arabiese Emirate 8,5 persentasiepunte) het ’n groter gaping tussen hul verwagtinge vir die volgende vyf jaar en wat werklik oor die afgelope vyf jaar gebeur het, as dié in Suid-Afrika.

beleggings

Walsh meen beleggers en hul finansiële raadgewers moet deeglik kyk na hul verwagtinge en die groot gaping tussen verwagtinge en die realiteit probeer oorbrug.

Dit is uiters moeilik om opbrengste te voorspel, maar Schroders se multibate-beleggingspan verwag ’n waarskynlike jaarlikse opbrengs van 5,6% op aandele wêreldwyd oor die volgende tien jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.