Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
SA Munt gedenk Pratley Putty se maanlanding
Die munte wat Pratley Putty se besoek aan die maan herdenk.Foto: Verskaf

Die wêreld gons behoorlik oor die 50ste herdenking van die maanlanding.

Dis egter nie net die ruimtevaarder Neil Armstrong wat homself in die geskiedenisboeke gevestig het toe hy op 20 Julie 1969 die eerste tree op die maan gegee het nie.

Pratley Putty, die bekende Suid-Afrikaanse epoksiehars-stopverf, was ook deel van die geskiedkundige gebeurtenis.

Die stopverf is op die Rover-maantuig gebruik wat op die maan geland het ter voorbereiding van Armstrong se maanlanding.

George Montague Pratley het dié stopverf in die 1960’s ontwikkel.

Die Suid-Afrikaanse Munt, wat daarvoor bekend is dat hy Suid-Afrikaanse uitvindings op versamelmunte ondersteun, beeld nou dié gebeurtenis op ’n nuwe munt uit.

Die nuwe munt vorm deel van die versameling wat die eerste hartoorplanting gedenk.

Dit bestaan uit ’n silwer R2-kroon en ’n 2,5c-tiekie.

Net soos die munt wat die hartoorplanting herdenk, pas die tiekie bo op die munt om die maanlanding uit te beeld.

Die munte word as ’n stel verkoop wat ’n klein silwer maantuigie insluit.

Die Munt gaan, net soos in die geval met die hartoorplanting munte, net 1 000 elk van die individuele krone en tiekies en 700 versamelstelle maak.

Meer oor:  Maanlanding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.