Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Sanlam koop Alex Forbes se lewenspolisse

Sanlam het aangekondig dat hy Alexander Forbes se lewensversekeraar teen R100 miljoen gaan koop.

Alexander Forbes
Dawie de Villiers, uitvoerende hoof van Alexander Forbes, Maandagoggend tydens 'n webuitsending van 'n aanbieding aan beleggers. Foto: Skermgreep

Die lewensversekeringspolisse van Alexander Forbes Life sal na Sanlam Lewens oorgedra word.

Alexander Forbes Life het in die boekjaar tot einde Maart R1 miljard se premies van kliënte gekry.

Die transaksie bring mee dat sowat 630 werknemers en 210 000 lede van groeplewensversekering asook 3 700 polisse van individue na Sanlam oorgeskuif word.

Dawie de Villiers, uitvoerende hoof van Alexander Forbes, sê die transaksie is die finale stap weg van die verskaffing van versekeringsprodukte. 

Hy sê hulle wil nie meer 'n produkverskaffer wees nie en wil "kapitaal-lig" wees. 

Alexander Forbes het al voorheen aangekondig hy wil sy versekeringsake verkoop en op die verskaffing van advies fokus.

De Villiers meen die kliënte en individue wat na Sanlam oorskuif, sal in goeie hande wees.

Sanlam sê in ’n verklaring die voorgestelde transaksie sal sy groeistrategie in Suid-Afrika ondersteun en sy posisie in groeprisiko- en kleinhandel-lewensversekering versterk.

Die datum waarop die transaksie in werking tree, sal van onder meer goedkeuring deur die reguleerders afhang.

Meer oor:  Sanlam  |  Alexander Forbes  |  Dawie De Villiers  |  Polisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.