Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Sanlam stel nuwe boetiek-batebestuurder bekend

Beleggingsopbrengste gaan nog vir ’n geruime tyd gedemp bly en gewone beleggers wat honger vir hoër opbrengste is, sal móét begin om verskansingsfondse en afgeleide instrumente te oorweeg.

Amplify is ’n nuwe boetiekbatebestuursfirma wat aan Sanlam behoort. Dit vervang Sanlam Select.

Só sê Marthinus van der Nest, uitvoerende hoof van Amplify, ’n boetiekbatebestuursfirma in die Sanlam-stal wat Donderdag bekend gestel is.

Van der Nest sê gewone beleggers is nog baie sku vir verskansingsfondse en hulle is deeglik daarvan bewus dat ’n opvoedingstaak vir hulle voorlê voordat mense self of deur hul finansiële adviseurs op ’n groter skaal daarin gaan belê.

Amplify gaan uit twee bene, naamlik effektetrustfondse en verskansingsfondse, bestaan. Amplify het reeds R8 miljard se bates onder bestuur.

Marthinus van der Nest, uitvoerende hoof van Amplify.

Die effektetrustfondse bestaan eintlik al vier tot vyf jaar onder die vaandel van Sanlam Select. Dit sluit fondse in wat namens Sanlam deur onder meer Truffle Asset Management, Abax Investments en Sentio Capital, bestuur word.

Volgens Richard Bray, Amplify se strategiehoof, is dié kleiner batebestuurders ratser en kan vinniger kapitaliseer op geleenthede wat vir beleggers bogemiddelde prestasie kan oplewer.

Fondse wat tot dusver die “Sanlam Select”-handelsnaam gedra het, gaan teen die einde van die jaar na Amplify-fondse genoem word.

Richard Bray, strategiehoof van Amplify.

Amplify gaan 5% van sy wins in natuurbewaring belê, en het programme teen renosterstropery as sy fokusgebied geïdentifiseer, insluitend projekte om gemeenskappe om nasionale parke op te hef.

Veral jonger beleggers wil weet waar hul geld belê word en dat hulle ’n verskil maak, sê Bray.

Hy hoop ook dat die feit dat hul geld ’n goeie saak steun, sal beleggers keer om van fonds tot fonds te spring op soek na opbrengs – ’n kommerwekkende tendens die afgelope jare onder beleggers wat “in verlede jaar se toppresteerders” belê, net om dan ’n swak jaar te beleef.

Hy waarsku beleggers dat hulle belê moet bly deur ’n hele beleggingsiklus (wat gewoonlik as tussen vyf en tien jaar beskou word) om te kyk hoe ’n fonds op lang termyn presteer. Fondse met verskillende mandate vaar verskillend op enige gegewe tydstip.

Amplify is ’n volfiliaal van Sanlam en is deel van die reeks beleggingsopsies in dié finansiëledienstefirma, insluitend Satrix en Sanlam Investment Management.

Meer oor:  Sanlam  |  Beleggings  |  Batebestuursfirmas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.