Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
SEB-skemas noteer eersdaags

MultiChoice en Media24 se bemagtigingsaandeleskemas noteer in Oktober op een van Suid-Afrika se nuwe beurse, die Equity Express Securities Exchange.

Phuthuma Nathi en Welkom Yizani se handelsvolumes in die afgelope 12 maande het meer as R210 miljoen beloop. Foto: Pixabay

Anthony Wilmot, uitvoerende hoof van Equity Express, sê dié platform het reeds ’n suksesvolle verhouding met die twee skemas, Phuthuma Nathi van MultiChoice en Welkom Yizani van Media24.

Equity Express het jare lank ’n groot aanlyn platform aan ongenoteerde maatskappye verskaf waar hul aandele oor die toonbank verhandel kon word. Sowel Phuthuma Nathi se eerste en tweede beleggingskemas as Welkom Yizani het die afgelope sewe jaar op die platform Singular Systems verhandel, totdat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA, voorheen die Raad op Finansiële Dienste) ’n lisensie vir oor-die-toonbank-platforms vereis het.

Equity Express het in September verlede jaar sy lisensie van die FSCA ontvang.

“Die twee bemagtigingsaandeleskemas se handelsvolumes in die afgelope 12 maande het meer as R210 miljoen beloop en ons is nou verheug om hulle in ’n genoteerde omgewing te verwelkom,” sê Wilmot.

Singular Services, ’n afdeling van Singular Systems, is die enigste makelaar vir al drie bemagtigingsaandeleskemas.

“Dit beteken die verhandelingsproses van die aandele bly feitlik onveranderd vir meer as 200 000 beleggers,” sê Wilmot.

Hy sê die Equity Express-beurs, waarvan 55% in swart besit is, kan ’n voorkeurplatform vir bemagtigingsaandeleskemas word.

Ukhamba Holdings van Imperial verhandel ook reeds sedert Desember 2017 op dié beurs.

  • Netwerk24 is ’n publikasie van Media24.
Meer oor:  Naspers  |  Multichoice  |  Media24  |  Aandele  |  Bemagtiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.