Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Só vaar aandele op JSE in die 1ste kwartaal

Dit is nie moeilik om te raai wat in die eerste kwartaal die swakste aandele op die JSE se top-40-indeks was nie.

Die maatskappye wat in die eerste kwartaal deurgeloop het onder slegte nuus, lê onderaan die lys: Nepi Rockcastle, Capitec Bank en Tiger Brands.

Capitec en Nepi Rockcastle het onder kortverkopers deurgeloop terwyl Tiger Brands by die grootste uitbreking van ’n erge vorm van listeriose tot nog toe ter wêreld betrek word.

Dit is waarskynlik egter Naspers se daling van 16,2% wat die grootste rol gespeel het om die top-40-indeks in dié kwartaal af te trek. Naspers is die grootste aandeel op die beurs.

Swakste presteerders

   

Die top-40-indeks het in die kwartaal met 7,2% gedaal.

Die meegaande grafiek van Bloomberg wys die grootste dalers.

Hier is die redes vir hul swak prestasie:

1. Nepi Rockcastle het met 46,1% geval. Kommer bestaan oor die eiendomsbeleggingstrust (Reit) en verwante maatskappye soos Resilient en Fortress omdat hulle deur kortverkopers geteiken is.

Gerugte het aanvanklik die ronde gedoen dat hulle ook die teiken van die omstrede kortverkoper Viceroy Research is, maar hulle was uiteindelik in die visier van ’n ander groot kortverkoper, 36One.

Die aandeelpryse van Resilient en drie ander maatskappye – Fortress, Nepi Rockcastle en Greenbay – het begin val nadat ’n verslag deur 36One en ander ontleders versprei is waarin onder meer kommer uitgespreek is oor die kruisaandeelhouding tussen die onderskeie maatskappye.

2. Capitec het met 20,7% gedaal nadat hy onder die aandag van die kortverkoper Viceroy deurgeloop het. Viceroy het algemeen bekend geword toe hy in Desember ’n verslag oor Steinhoff uitgereik het.

Die bank is sedert einde Januarie onder beleg nadat Viceroy ’n verslag uitgereik het wat Capitec se leningspraktyke bevraagteken.

3. Tiger Brands het met 19,1% geval omdat hy by die grootste uitbreking van ’n erge vorm van listeriose ter wêreld betrek word. Byna 190 mense is reeds weens dié uitbreking dood.

4. Naspers se aandeelprys het met 16,2% gedaal. Dit is deels veroorsaak deur die aankondiging dat hy ’n deel van sy belang in die Chinese internetreus Tencent verkoop het. Dit het Tencent se aandeelprys ook laat daal.

Beste presteerders

   

Die vier grootste stygings op die top-40-indeks was onder winkelgroepe, naamlik Mr Price, wat met 16,4% gestyg het; Shoprite met 14,2%; Truworths met 13,8%; en TFG, voorheen bekend as The Foschini Group, met 13,4%.

In geheel het die JSE se indeks van alle aandele met 6,8% gedaal.

Lewis het die grootste styging aangeteken van amper 60%.

Etienne Eloff, ’n portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê Lewis het so goed gevaar danksy groter verbruikersvertroue en die verwagting van beter ekonomiese groei en sterker huishoudelike balansstate.

Daar word ook verwag dat groei in kredietverskaffing hom sal help. Die hofsaak wat drie genoteerde winkelgroepe onlangs gewen het oor kredietbekostigbaarheidsregulasies het Lewis se aandeelprys ook help styg.

Die tweede grootste styging op die JSE se indeks van alle aandele was Clover.

Clover het sy bedrywighede verdeel tussen melk (wat nou aan die Melkboerevereniging van Suid-Afrika behoort) en die res van sy produkte, soos vla en koeldrank.

“Laasgenoemde deel van die onderneming sou altyd teen ’n hoër prysverdiensteverhouding moes verhandel (as gevolg van Clover se handelsnaam) as die melkbedryf (wat siklies is).Toe melk dus uit die onderneming gehaal is, het beleggers Clover se aandeelprys hergradeer.”

Eloff sê Clover vaar ook goed as dit goed gaan met verbruikers. Laer inflasie gekombineer met ’n verbetering in verbruikersvertroue het ook ’n rol gespeel.

Boonop is Whitey Basson, die bekende voormalige uitvoerende hoof van die Shoprite-groep, in die direksie aangestel. “Ek weet nie of Whitey Basson se aanstelling beleggers ook dalk opgewonde gemaak het nie,” sê Eloff.

Eiendomsaandele

Die swakste aandele in die kwartaal op die indeks van alle aandele was die eiendomsaandeeltrust Fortress, wat met 71,8% geval het, en Resilient, wat met 66,9% gedaal het.

Nog ’n verwante maatskappy, Greenbay Properties, het die vierde swakste gevaar met ’n daling van 60,8%.

Datatec het die derde swakste gevaar met ’n daling van 63,6%.

Die internasionale meubelgroep Steinhoff is nie onder die tien swakste aandele op die JSE nie omdat sy grootste val in Desember plaasgevind het.

Hy het desondanks van einde Desember tot einde Maart (die tydperk waarin gemeet is) met 29% gedaal en val net buite die tien swakste presteerders.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tiger Brands  |  Resilient  |  Lewis  |  Capitec  |  Naspers  |  Clover  |  Whitey Basson  |  Aandele  |  Bateklasse  |  Jse  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.