Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Attacq-grafiek wys onsekerheid
attacq
Die Allandale-gebou, deel van Attacq se “nuwe sakekern” vir Gauteng, Waterfall City.

Attacq, ’n genoteerde eiendomsbeleggingstrust (Reit) sê op sy webwerf hy het vier kernaandrywers van waarde:

  • ’n Topgehalte Suid-Afrikaanse eiendomsportefeulje wat insluit kleinhandel-, hotel-, kantoor- en nywerheidseiendom;
  • Die ontwikkeling van Waterfall City en die Waterfall Logistics-spilpunt;
  • Sy belegging in MAS Real Estate, wat sy toegangspunt tot Sentraal- en Oos-Europese markte is; en
  • Kleinhandelbelegging in die res van Afrika (buite Suid-Afrika).

In sy ses maande tot einde Desember 2018 het hy ’n 9,5%-toename in sy uitkeerbare verdienste per aandeel aangemeld.

tegniese ontleding
Die tegniese grafiek van Attacq se aandeelprys.

’n Hoër laagte sal bevestig word wanneer lyn A (R15,17) in ’n steun verander. Dit sal as positief beskou word.

Die drie- en agt-dae- bewegende gemiddeldes het na bo gedraai, wat positief is vir die korttermynsentiment jeens die aandeel. Dit moet egter nie weer stoom verloor nie.

Die aandeel is vasgevang in ’n simmetriese driehoek (onsekerheid). Bo lyn B (R15,50) sal die formasie optimisme bevestig. Indien dit sou uitspeel, is die teiken van die formasie R16.

Onder lyn C (R14,80) kan ons aanvaar dat die aandeel na laer vlakke wil afverkoop.

Ons het ’n lyngrafiek (die rooi lyn) gebruik om die geraas van die kerse uit te skakel en dit makliker te maak om die driehoek raak te sien.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langopsie bo lyn A (R15,17), maar gebruik lyn C (R14,18) as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R15,27; R15,30; R15,40; R15,50; R15,55; R15,60; R15,75; R15,80; R15,95 en R16.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermyn- sentiment jeens die aandeel sal verander na positief wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R15,67) in ’n steun verander.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Attacq  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding  |  Reit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1820,21 (-381)
  • Top 40 52534,39 (-5957)
  • All Share 58564,71 (-6438)
  • Resource 10 46901,1 (-29259)
  • Financial and Industrial 30 78783,4 (5610)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.