Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Capitec bereik steeds nie rekord

Capitec Bank se jongste finansiële resultate vir die ses maande tot einde Augustus 2019 toon ’n 20%-styging in die wesensverdienste per aandeel. Sy dividend het met 20% gestyg en die dividendopbrengs van die aandeel staan op 1,11%.

Hy het 10,5 miljoen aktiewe kliënte.

Ons het op 22 Oktober ’n kort geroep op Capitec, maar die verwagte dalings is toe nie bereik nie.

Die aandeel probeer om sy vorige rekordhoogtepunt van R1 432,94 te bereik, maar dit lyk of hy sukkel om kopers bó R1 400 kopers te vind, soos die haarnaaldbooghoogte waarsku. Dit is juis geskep omdat daar telkens rondom R1 400 verkopers wag.

Die eerste teken van tegniese swakheid sal onder lyn A (R1 366) bevestig word.

Die 20-dae- bewegende gemiddelde het homself bewys as ’n sterk steun op die daaglikse grafiek en ons kan aanvaar dat laer vlakke gesien sal word wanneer dié bewegende gemiddelde (R1 352,57) in ’n weerstand verander.

Die kommoditeitskanaalindeks bevestig die oorgekoopte vlakke van die aandeel en die feit dat die -100-vlak in ’n weerstand verander het, impliseer dat ons dalk ’n verdere afverkoop kan sien.

Hierdie aanwyser is in die laat 80’s ontwikkel en kan op enige genoteerde instrument toegepas word. Dit beklemtoon oorgekoopte en oorverkoopte vlakke deur die korrelasie tussen prys en die afwyking van ’n bewegende gemiddelde te bereken.

’n Hoë positiewe lesing dui daarop aan dat die prys goed bo sy gemiddelde is, wat sterkte beklemtoon. ’n Lae negatiewe lesing dui aan dat pryse laer is as hul gemiddelde, wat swakheid bevestig.

  • Spekulante: Verkoop of oorweeg ’n kortposisie onder lyn A (R1 366), maar gebruik R1 415,76 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is: R1 344,70; R1 327,90; R1 316,05; R1 304,25; R1 289,64; en R1 266,05.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die 40-weke- bewegende gemiddelde wag by R1 275,16. Onder hierdie vlak sal die langtermynsentiment jeens die aandeel verander na negatief.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.