Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Capitec kan op kort termyn loop

Capitec Bank is die tweede grootste kleinhandelsbank in Suid-Afrika op grond van sy kliëntetal (11,4 miljoen), met 120 000 kliënte per maand wat nuwe rekeninge open.

Capitec wen elke maand 120 000 kliënte.

Sy jongste finansiële resultate vir die tydperk tot einde Februarie 2019 het ’n styging van 19% in die wesensverdienste en ’n styging van 19% in die dividend per aandeel getoon.

Die stogastiese aanwyser bevestig die oorverkoopte posisie van die aandeel en die feit dat die korter blou lyn deur die langer rooi lyn gekruis het, bevestig die moontlike omdraai in die sentiment.

Die eerste teken van tegniese krag sal bo lyn A (R1 124,94) sigbaar wees.

Die volgende sterk weerstand om te oorkom, wag by lyn B (R1 190,96).

Die korttermynsentiment jeens die aandeel sal na positief verander wanneer die drie-dae- bewegende gemiddelde deur die agt-dae- bewegende gemiddelde kruis.

tegniese ontleding

’n Venster wag tussen R1 173,02 en R1 095,02. In tegniese ontleding is die reël dat vensters gewoonlik gesluit word, maar dit kan dae, maande of jare duur.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R1 124,94), maar gebruik R1 089,99 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R1 141,11; R1 150,65; R1 158,33; R1 166,05, R1 176,99; en R1 190,96.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment jeens die aandeel sal negatief bly solank as wat die 40-weke- bewegende gemiddelde (R1 227,65) ’n weerstand bly op ’n Vrydagsluiting.
  • Nota: Hou in gedagte dat ons ’n korttermyn- tegniese herstellopie in die vooruitsig stel bo lyn A, maar op medium- tot langer termyn verwag ons dat die aandeel verder kan daal terwyl dit onder sy 40-weke- bewegende gemiddelde en lyn B konsolideer.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans

Meer oor:  Capitec  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.