Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Dinge lyk goed vir Sasol

Sasol het geen bekendstelling nodig nie. Die chemiese en petroleumreus het sy bestaan in 1950 in Suid-Afrika gehad.

Hy het onlangs gesê sy Lake Charles-aanleg in Amerika nader voltooiing. Sodra dit gebeur het, kan die maatskappy weer fokus op normale groei en weer ’n goeie dividendbetaler word. Hou in gedagte dat Sasol ’n goeie randverskanser is.

sasol

’n Stygende driehoek (moontlik positief) is aan die ontwikkel, maar sal eers bevestig word wanneer lyn A (R451,97) in ’n steun verander.

Indien die formasie na bo uitspeel, kan die aandeelprys met verloop van tyd tot R500 styg. Indien die aandeel egter onder lyn B (R433,80) konsolideer, kan ons aanneem dat hy die stygende driehoek van die tafel wil vee en dan kan die aandeel daal tot R411,42.

Daar wag ’n venster na bo tussen R459,68 en R464,89.

  • Spekulante: Koop of neem ’n langposisie in bo R451,97, maar gebruik R427,64 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R459,68; R464,90; R473,66; R480,23; R488,16; R496,26; en R500.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment jeens die aandeel is steeds negatief. Indien die 200-dae- bewegende gemiddelde (R475,95) in ’n steun verander, kan ons aanneem dat die langtermyntendens weer positief kan draai.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Sasol  |  Aandeelprys  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.