Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Discovery kan stoom verloor

Die tegniese grafiek vir die finansiëledienstegroep Discovery wys dat sy aandeelprys stoom kan verloor.

Discovery se nuwe hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Discovery se resultate vir die ses maande geëindig Desember 2017 het ’n toename van 19% in die wins uit bedrywighede getoon. Discovery Health het ’n styging van 12% in sy bedryfswins aangemeld en die Discovery-kaart se inkomste het met 7% gestyg.

Op die grafiek is die teiken van die dalende wig bereik, maar nou is ’n gevaarlike megafoonformasie sigbaar.

Die megafoonformasie sal onder lyn A (R160,89) bevestig word, en ook as hy deur die steunlyn van die 26-dae- bewegende gemiddelde breek. Twee steunlyne sal hier dus in ’n weerstand verander.

Wanneer ’n megafoonformasie bevestig word, kan dit maklik in die “kake van die dood”-formasie verander, wat beteken die afverkoop kan langer duur. As die teiken van dié formasie gehaal word, kan die aandeel mettertyd tot R152 daal.

Die 9-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) wil stoom verloor en ’n kruis van die 9-dae- deur die 26-dae- bewegende gemiddelde sal dien as bevestiging van die pessimisme.

Die bewegende gemiddelde konvergensie-divergensie-aanwyser, wat momentum aandui, het reeds negatief gedraai.

  • Spekulante: Verkoop of oorweeg ’n kortposisie onder lyn A, maar gebruik R172,80 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is R159,65, R158,02, R156,89, R155,75, R154,34 en R152.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel verhandel nou onder sy 40-weke- bewegende gemiddelde (R165,49) en langtermynbeleggers behoort nou alle akkumulasie te staak, en terwyl dié gemiddelde ’n weerstand is, alle lopies in die aandeel onder die gemiddelde te gebruik om blootstelling te verminder.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar: www.fransdeklerk.com; www.chris-tell.com; Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Discovery  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.