Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: FirstRand: Wanneer begin die styging?

FirstRand is ’n Suid-Afrikaanse gediversifiseerde finansiëledienstegroep en bestaan uit ’n aantal konsessies, waaronder FNB, RMB, WesBank, Aldermore en Ashburton Investments.

Sy jongste finansiële resultate vir die tydperk tot einde Desember 2019 het die volgende berig: Die verdienste per aandeel het met 5% gestyg en die netto batewaarde per aandeel met 9%. FNB se gelde- en kommissie-inkomste het met 5% gegroei, hoofsaaklik danksy ’n groter volume in sy digitale en elektroniese kanale. Die sterk toename in versekeringsinkomste was 14%.

Die Marubuzo-kers (erg negatief) wys dat verkopers uit desperaatheid van die aandele verkoop het.

Die watervalformasie (negatief) wys dat die aandeelprys letterlik in duie gestort het. Die voordeel van die watervalformasie is heel dikwels dat die aandeel een of ander tyd steun vind en dan ’n pragtige herstellopie aan die gang sit.

Die neigingverwyderde prysossilator (DPO) is ’n aanwyser wat ontwerp is om die tendense in die prys te verwyder, wat die identifisering van siklusse vergemaklik. Met ander woorde, die DPO meet die verskil tussen ’n prys in die verlede en ’n bewegende gemiddelde. Die DPO word na links verplaas sodat die aanwyser in die pas is met die pieke en dalings in ’n prys.

Firstrand

’n Breek bo die nullyn dui op ’n koop en ’n breek onder die nullyn dui op ’n verkoop.

Daar is nog geen teken van ’n omdraai nie en die bevestiging van optimisme sal eers sigbaar wees wanneer die nullyn in ’n steun verander.

Die eerste teken van tegniese positiwiteit sal bo lyn A (R42,30) sigbaar wees, maar as jy wil wag op die bevestiging van optimisme, wag dan vir lyn B (R45,68) om in ’n steun te verander. Hou in gedagte dat aandele heel dikwels laer kan gaan as wat beleggers verwag en die dag wanneer hulle weer styg, soms verder styg as wat enigeen kan verwag.

Die drie- en agt-dae- bewegende gemiddelde bevestig dat die momentum na onder steeds op kort termyn geld.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R42,30) maar gebruik R37,20 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R44,60; R45,80; R46,80; R47,80; R49,20; en R51.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Op ’n weekgrafiek sal die eerste teken van sterkte eers bo R48,98 wees. Daar is nog geen teken van ’n omdraai nie.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Fnb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.