Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Gevoel oor Truworths draai

Truworths is een van Suid-Afrika se voorste modekleinhandelaars met meer as 728 winkels in Suid-Afrika en 49 in die res van die Afrika.

Frans de Klerk

Sy jongste handelsopdatering vir die 26 weke wat in Desember 2018 geëindig het, het ’n toename van 2% in kleinhandelsverkope gerapporteer.

Die wesensverdienste per aandeel was 5% laer en sy netto batewaarde het met 8,5% gestyg.

Die haarnaaldbooghoogte waaroor ons op 28 November geskryf het, het pragtig uitgespeel en die aandeel selfs laer as verwag geneem.

Tegniese siening

Die nege-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het die 26-dae- bewegende gemiddelde (rooi lyn) opwaarts gekruis, wat as positief beskou word. Dit impliseer dat die sentiment vir medium- tot langtermynbeleggers na positief verander het.

Die bewegende gemiddelde konvergensie-divergensie-aanwyser is steeds groen, wat dalk opwaartse momentum vooruitloop.

Die stogastiese aanwyser is steeds naby aan oorgekoopte vlakke (nie ideale vlakke om ’n posisie op te neem nie), maar die twee gemiddeldes (blou en rooi) wat mekaar opwaarts gekruis het, weeg swaarder.

’n Moontlike omgekeerde kop-en-skouer-formasie (positief) is sigbaar met die neklyn wat wag by lyn A (R73,07).

Die formasie sal bevestig word wanneer lyn A verander in ’n steun.

Die konserwatiewe teiken van die formasie indien dit sou uitspeel, is R76,40, met die volle teiken op R81,30.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n lang posisie bo lyn A (R73,07), maar gebruik R69,65 as keerverlies om kapitaal te beskerm.

Die moontlike teikens na bo is: R75, R76,20, R77,17, R78,13, R79,50 en R81,30.

  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel sal ’n hoër laagte (miskien bo R76) op ’n weeklikse grafiek moet bevestig voordat ons meer optimisties oor die aandeel op lang termyn kan voel.
  • Die De Klerks is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Hulle kan by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com gekontak word. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Truworths  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.