Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Implats stuur stygseine uit

Impala Platinum is een van die wêreld se grootste produsente van die platinumgroepmetale.

Een van Implats se skagte buite Rustenburg, Noordwes.

Die maatskappy sukkel steeds om beleggersaptyt te wek, maar as die rand met verloop van tyd verder verswak en die platinumprys dalk verder kan kop optel, veral tot bo $1 000 per fynons, kan die sukkelende maatskappy dalk weer ’n goeie tyd inlui vir beleggers met ’n aptyt vir risiko.

Onlangse resultate wys dat die verdienste per aandeel beïnvloed is deur waardedalings van R13,6 miljard, hoofsaaklik weens die herstrukturering van Impala Rustenburg. Die aantal tonne gemaal het met 5,6% gestyg en platinum in gekonsentreerde onse was 1% hoër danksy sterk bedryfsprestasies dwarsoor die groep.

Die kruis van die 26- en 9-dae bewegende gemiddeldes en die aandeel wat hoër vlakke toets ná maande se dalings, het die eerste sein gegee dat ’n beter aandeelprys dalk in die toekoms te wagte kan wees.

Implats is dalk ’n tweede kyk werd.

Die aandeel is steeds vasgevang in ’n dalende kanaal (moontlik positief). Indien die aandeel bo lyn A (R19,82) kan konsolideer, kan ons aanneem dat die dalende kanaal na bo wil breek.

Die teikenprys is R25 indien die formasie sou uitspeel na bo, en die eerste tekens van swakheid sal weer onder R16,41 sigbaar wees.

Die bewegende gemiddelde konvergensie-divergensie- aanwyser (MACD) het ook opgebreek bo die nullyn, wat ook as positief beskou word.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A, maar gebruik R16,41 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R21,03, R21,79, R22,40, R23,02, R23,89, R24,75 en R25.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel bereik die afgelope ses weke nie meer laer vlakke nie, wat as positief beskou word, maar die eerste teken van optimisme sal sigbaar wees wanneer die aandeel die 40-weke- bewegende gemiddelde (R24,03) verander in ’n steun.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar: www.fransdeklerk.com, www.chris-tell.com; Twitternaam: TraderFrans

Meer oor:  Implats  |  Frans De Klerk  |  Platinum  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.