Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Is verkoop-stormloop by Tiger Brands verby?

Tiger Brands, ’n top-40-maatskappy, is een van die grootste vervaardigers en bemarkers van vinnig bewegende verbruikersgoedere in Afrika.

Van die gewildste handelsname in sy stal is Mrs Balls Chutney, Albany-brood, Cross & Blackwell-mayonnaise, Jungle Oats, Tastic-rys, Black Cat-grondboontjiebotter en Koo-, All Gold- en Doom-produkte.

Die watervalformasie dui op behoorlike winsneming. So ’n formasie vorm omdat beleggers dag ná dag net van aandele ontslae wil raak. Let daarop dat die aandeel nou vasskop op huidige vlakke. Dit kan ’n teken wees dat die meeste verkopers klaar verkoop het.

Die stogastiese aanwyser bevestig die oorverkoopte situasie van die aandeel. Die positiwiteit sal eers bevestig word wanneer die korter gemiddelde deur die langer gemiddelde breek.

Tiger Brands

  • ’n Haarnaaldbooglaagte (moontlik positief) sal bevestig word bo lyn A (R204,30). ’n Haarnaaldbooglaagte dui op ’n moontlike omdraai. Onder R202,45 sal dié formasie van die tafel wees. Spekulante: Koop of oorweeg ’n lang posisie bo lyn A (R204,30), maar gebruik R188,19 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die teikens na bo is R207,50, R209,40, R210,99, R212,50, R214,80 en R217,70. )Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment jeens die aandeel sal in positief verander wanneer die 40-week- bewegende gemiddelde (R231,32) in steun verander. )
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Sy is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Tiger Brands
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.