Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Kan Remgro herstel-lopie hê?
Johann Rupert, voorsitter van Remgro en Richemont.

Die ou staatmaker Remgro is ’n bekende beleggingshuis in Suid-Afrika met plaaslike en internasionale belange.

Sy bestuur stel selde teleur. Van sy grootste beleggings sluit in Unilever, Distell, RCL Foods, Rand Merchant Bank, FirstRand, RMI Holdings, Mediclinic International, Grindrod, Seacom, Kagiso Infrastructure, Sabido, Business Partners en Capevin Holdings.

Die waterval-formasie dui op ’n wesenlike terugtrekking, maar dit lyk asof die aandeel begin konsolideer.

Die stogastiese aanwyser bevestig die aandeel is tegnies oorverkoop, wat die moontlikheid van ’n herstellopie vergroot.

Die aandeel moet egter bo lyn A (R183,19) konsolideer om ’n herstellopie aan die gang te sit.

Let daarop dat daar ook ’n venster na bo oop is tussen R194,92 en R196,81, wat kan sluit as ’n herstellopie aan die gang kom.

  • Spekulante: Koop of neem ’n langposisie bo lyn A, maar gebruik R182,94 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R186,62; R189,78; R192,52; R194,92 (opening van venster); R196,81 (sluit van venster); R198,67 en R200.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel beweeg steeds onder die 200-dae- bewegende gemiddelde (R200,95). Ons sal dus eers tegnies positief raak wanneer dié gemiddelde ’n steun kan word en bly.
remgro

  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Remgro  |  Beleggings  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1398,36 (3102)
  • Top 40 49193,89 (-29239)
  • All Share 55231,05 (-29290)
  • Resource 10 42928,67 (-105989)
  • Financial and Industrial 30 74191,21 (7305)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.