Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: KAP se glas is half leeg

KAP Industrial Holdings (KAP) is ’n JSE-genoteerde gediversifiseerde nywerheidsgroep.

Sy jongste stel resultate, vir die ses maande tot einde Desember 2018, toon dat sy inkomste met 16% gestyg het, sy ebitda (verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie) met 10%, en dat sy bedryfswins met 6% gedaal het.

Die sprong in volume op 28 Maart vanjaar kan nie geïgnoreer word nie, veral nie aangesien die aandeelprys sedertdien styg nie. Dit kan ’n aanduiding wees dat die verkopers opgedroog het.

Die -50-lyn op die Williams-persentasiereeks (’n aanduider van ’n oorgekoopte of oorverkoopte posisie) bly ’n weerstand. Dit dui daarop dat glas steeds half leeg is vir die aandeel. Die -50-lyn moet in ’n steun verander en bly voordat die momentum na bo sal voortduur.

KAP Industrial Holdings

’n Venster wag tussen R7,33 en R7,37. Die reëls ten opsigte van vensters is dat hulle altyd sluit, maar dit kan dae, weke of jare duur.

Die medium- tot langtermyn-sentiment teenoor die aandeel sal ook verander na positief wanneer die 26- en nege-dae- bewegende gemiddeldes mekaar na bo kruis.

Die dalende wig (positief) sal bevestig word wanneer lyn A (R7,27) in ’n steun verander. Die teiken van die wig is R7,80 indien die formasie sou uitspeel.

Die eerste tekens van swakheid sal sigbaar wees wanneer die nege-dae- bewegende gemiddelde (die groen lyn, R7,16) weer in ’n weerstand verander.

Neem kennis van hoe naby die 26-dae- bewegende gemiddelde (die rooi lyn, R7,34) aan lyn A is. Dit beklemtoon die belangrikheid van hierdie weerstande.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R7,27), maar gebruik R7,16 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R7,40; R7,50; R7,53; R7,60; R7,70; R7,74; en R7,80.
  • Medium- tot langtermyn-beleggers: Die aandeel moet die 40-weke- bewegende gemiddelde (R7,69) verander in ’n steun voordat die langtermynsentiment op die weeklikse grafiek na positief sal verander.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Aandeelprys  |  Tegniese Ontleding  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.