Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Kumba neig nog hoër

Kumba Iron Ore is ’n ysterertsmynmaatskappy in Suid-Afrika. Dit is die vierde grootste produsent van ystererts ter wêreld en die grootste in Afrika. Die prysverdiensteveelvoud van die aandeel is 7,98 en die dividendopbrengs is 8,89%.

Die Aroon-aanwyser impliseer dat die algehele tendens steeds opwaarts is aangesien die blou lyn steeds bo die rooi lyn konsolideer. Hierdie aanwyser is saamgestel deur Tushar Chande en word gebruik om te bepaal of ’n instrument in ’n tendens beweeg al dan nie.

kumba

Die 50-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het opwaarts gebreek deur die 100-dae- bewegende gemiddelde, wat ’n gouekruisformasie bevestig. Dit word as positief vir langtermynbeleggers beskou.

’n Moontlike bul-vlaggie (positief) is sigbaar wat bevestig sal word wanneer lyn A (R417,27) in ’n steun verander. ’n Bul-vlaggie is ’n tydelike terugtrek binne ’n algehele stygtendens. Dit word beskou as ’n voortsettingspatroon wat impliseer sodra lyn A in ’n steun verander, sal die momentum na bo voortduur.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R417,27) maar gebruik R390,03 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R425,10; R429,90; R433,85; R437,80; R443,40; en R450,10.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel baklei tans met die 40-weke- bewegende gemiddelde (R419,51). Die sentiment teenoor die aandeel vir langtermynbeleggers sal na negatief verander indien dié gemiddelde in ’n weerstand verander.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Kumba  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.