Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Ligpunte begin oor Nedbank

Nedbank is volgens markwaarde op vier na die grootste bank in Suid-Afrika.

Nedbank

In die boekjaar 2019 het sy wesensverdienste met 7,3% gedaal, die omset met 2,5% toegeneem en die netto batewaarde per aandeel met 3,7% gestyg.

Die prysverdiensteverhouding van die aandeel is 3 en die dividendopbrengs 13,69%.

Die Williams-persentasiereeks-aanwyser – wat oorverkoopte of oorgekoopte terrein aandui – maak hoër laagtes, wat as positief beskou word, maar eers wanneer -50 in steun verander, sal die optimisme bevestig wees.

Die drie- en agt-dae- bewegende gemiddelde (onderskeidelik die groen en die rooi lyn) is op die punt om mekaar na bo te kruis.

As dit wel gebeur, sal die sentiment teenoor die aandeel op kort termyn in positief veran-der.

’n Venster wag tussen R123,59 en R123,71. Dit kan dien as ’n moontlike teiken indien die aandeel se momentum na bo toeneem.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R91,61) of peusel (’n hoogs riskante besluit) vooraf indien jy nie vir bevestiging wil wag nie, maar gebruik R61,72 as keerverlies om kapitaal te beskerm.

Die moontlike teikens na bo is R99,17; R103,75; R107,40; R111,08; R116,35; R123,59; en R123,71.

  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die weeklikse grafiek gee nog geen aanduiding van ’n behoorlike omdraaikers of -patroon nie.

– Frans de Klerk en Christelle de Klerk

  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Nedbank  |  Tegniese Ontleding  |  Jse  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.