Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Mondi is oorverkoop
mondi

Mondi plc is ’n internasionale verpakkings- en papiergroep met sowat 26 000 werknemers en sowat 100 produksie-persele in meer as 30 lande, veral in Europa, Rusland, Noord-Amerika en Suid-Afrika.

Die stogastiese aanwyser toon die oorverkoopte situasie van die aandeel en die afwyking impliseer dat die aandeelprys dalk kan styg. Die positiewe afwyking is bevestig toe die korter blou gemiddelde deur die langer rooi gemiddelde gebreek het.

Mondi is ’n internasionale verpakkings- en papiergroep met sowat 26 000 werknemers en sowat 100 produksie-persele in meer as 30 lande.

Die drie-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het deur die agt-dae- bewegende gemiddelde (rooi lyn) gebreek, wat die korttermynsentiment van die aandeel na positief verander het.

’n Waterval-formasie het die aandeel tot laer vlakke gedwing, maar dit wil voorkom asof die aandeel sterk steun gekry het en hoër laagtes is sigbaar. Hoër laagtes bevestig dat kopers in elke terugtrek die aandeelprys ondersteun het.

Die eerste teken van krag is bevestig bo lyn A (R305,05).

Die hamerkers (positief) is bevestig toe die opeenvolgende kers ’n bul-oorheersende kers was. Dit impliseer ’n moontlike ommekeer vir die aandeel. ’n Hamerkers verskyn gewoonlik aan die einde van ’n afverkoop.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo R307,61 maar gebruik R289,75 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R308,99; R311,23; R313,90; R316,50; R320,20; en R324,95.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment teenoor die aandeel sal na positief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R307,83) in ’n steun verander.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Mondi  |  Sappi  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.