Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: MTN se lang wag vir kopers

MTN is ’n selfoonoperateur wat hoofsaaklik fokus op opkomende markte. Hy het meer as 240 miljoen klante in 21 geografiese gebiede.

Luidens sy finansiële resultate vir die tydperk tot einde September 2019 het sy intekenare op ’n kwartaalgrondslag met 3,5 miljoen tot 243,7 miljoen toegeneem en sy omset het op ’n jaargrondslag met 9,6% gestyg.

Die Chaikin-aanwyser, oftewel die volume-akkumulasie-ossilator, bestaan uit die verskil tussen twee eksponensiële bewegende gemiddeldes (gewoonlik drie en tien dae) in die aanwyser. Die akkumulasie-verdelingslyn kan gebruik word om die prysbeweging of verskille in die prysbeweging te bevestig.

k

Ons weet dat alle aandele oorverkoop is ná die massiewe winsneming wat onlangs plaasgevind het. Ons kan die aanwyser gebruik om te identifiseer wanneer die “ingeligte kapitaal” (die groot geld) begin akkumuleer.

Die waterval-formasie (negatief) wys dat die aandeelprys letterlik in duie gestort het. Die voordeel van die watervalformasie is heel dikwels dat die aandeel die een of ander tyd steun vind en dan ’n pragtige herstellopie aan die gang sit.

Die nullyn op die Chaikin-aanwyser is op die punt om in ’n steun te verander en wanneer dit gebeur, beteken dit die “ingeligte kapitaal” het begin akkumuleer. ’n Haarnaaldboog-laagte (moontlik positief) is bevestig toe R35,80 in steun verander het.

Die drie-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het in ’n steun verander. Die sentiment vir die aandeel op kort termyn sal egter in positief verander wanneer die drie-dae- bewegende gemiddelde opwaarts deur die agt-dae- bewegende gemiddelde breek.

Drie vensters wag hoër: tussen R53 en R54,20; tussen R60,11 en R62,42; en tussen R69 en R75,36.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R36,21), maar gebruik R21,13 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R42,30, R46,15, R49,23, R52,30, R53, R54,20, R60,11 en R62,42.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Op die weekgrafiek is daar twee vensters – tussen R53 en R53,90 en weer tussen R69 en R74,75 – wat as moontlike teikens vir die langtermynbelegger kan dien. Ongelukkig dien die week se kers nie as ’n moontlike tegniese koop nie. Beleggers sal moet wag op tegniese bevestiging.

* Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans

Meer oor:  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding  |  Beleggings  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.