Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Old Mutual kan weer aandag lok

Old Mutual bied oplossings vir beleggings, spaar, lewensversekering, batebestuur, bankwese, eiendom en persoonlike versekering in Afrika.

Gebeure in Old Mutual se raadsaal het die aandeelprys die laaste tyd onder druk geplaas, maar ná die goeie begrotingsrede kan die aandeel onder die soeklig kom.

Old Mutual

Die prysverdiensteverhouding van die aandeel is steeds 5,15 en die dividendopbrengs staan op 5,74%.

Die Chaikin-aanwyser word gebruik om prysbewegings of afwykings in prysbewegings te volg.

Die hoër laagtes op die Chaikin-aanwyser word as positief beskou, maar die optimisme sal eers bevestig word wanneer die nullyn in steun verander.

Frans de Klerk

Die dalende wig (moontlik positief) vang die oog. Let daarop dat die dalende-wig-formasie heel dikwels ’n omkeerpatroon is wat ’n vinnige herstellopie kan inlui wanneer die formasie bevestig is – in dié geval bo lyn B.

Die eerste teken van sterkte sal sigbaar wees bo lyn A (R16,22), maar die dalende wig sal eers bevestig word wanneer lyn B (R16,80) in steun verander. Die teiken van die wig, indien dit sou uitspeel, is R19. Onder lyn C kan positiwiteit verdwyn en kan ons aanneem dat die momentum afwaarts sal wees. Neem kennis hoe na die 20-dae- bewegende gemiddelde (R17,29) aan lyn A wag.

Dit bevestig die belangrikheid van dié weerstandsvlakke.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R16,22), maar gebruik R15,15 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R16,65; R16,90; R17,10; R17,30; en R17,90.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment teenoor die aandeel sal in positief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R19,49) in steun verander.
  • Frans en Chris­telle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Old Mutual  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding  |  Jse  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.