Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Optimisme begin insluip oor TFG

TFG (The Foschini Group) is een van die voorste onafhanklike kettingwinkelgroepe in Suid-Afrika met ’n portefeulje van 29 toonaangewende modehandelsname wat klere, juweliersware, selfone, skoonheidsmiddels, sportklere en -toerusting, huisware en meubels insluit.

Luidens sy jongste handelsopdatering, vir die nege maande tot einde Desember 2019, het rekordverkope op Swart Vrydag gehelp het om die negatiewe impak van beurtkrag in Desember te negeer.

Die gekonsolideerde omset het met 5,9% gegroei. TFG Londen se omset het met 1,1% gedaal en TFG Australië se omset het met 11,4% gegroei.

Die kommoditeitskanaalindeks het die -100-vlak verander in steun, wat as positief beskou word. Dit impliseer optimisme oor ’n moontlike ommeswaai na hoër vlakke.

Die kommoditeitskanaalindeks is in die laat 1980’s ontwikkel.

Hierdie aanwyser kan met enige genoteerde instrument gebruik word en nie net kommoditeite nie.

Dit wys op oorgekoopte en oorverkoopte vlakke deur die korrelasie tussen prys en ’n bewegende gemiddelde te bereken, en meer spesifiek die afwyking van die gemiddelde af.

Hoë positiewe lesings dui aan dat die prys goed bo sy gemiddelde is, wat sterkte beklemtoon.

Lae negatiewe lesings dui aan dat pryse laer is as hul gemiddelde, wat swakheid bevestig.

’n Breek bo die -100-lyn kan ’n lopie inlui en ’n breek onder die +100-lyn ’n daaltendens.

’n Moontlike dubbellaagte (positief) sal bo lyn A (R141,99) bevestig word. Onder R135,06 kan ons aanvaar dat die momentum na onder sal voortduur.

Die 40-dae- bewegende gemiddelde (R147,42) is ’n sterk weerstandsvlak wat oorkom moet word om te toon dat die sentiment op mediumtermyn positief sal word.

Foschini

’n Dalende wig (moontlik positief) sal eers bo lyn B (R150,05) bevestig word.

  • Die mikpunt van die formasie is R172,80, indien dit sou uitspeel. Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R141,99), maar gebruik R133,65 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
  • Die moontlike teikens na bo is R144,60, R146,15, R147,42, R148,70, R150,56 en R152,10. Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermyn-sentiment jeens die aandeel sal in positief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R162,32) in steun verander. ) Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  The Foschini Group
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.