Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Optimisme oor Gold Fields

Gold Fields Beperk is ’n wêreldwye gediversifiseerde goudprodusent met agt bedryfsmyne.

Hy het projekte in Australië, Chili, Ghana, Peru en Suid-Afrika.

Die stogastiese aanwyser het na bo begin draai, wat moontlike optimisme bevestig.

grafiek gold fields

Die aandeel is vasgevang in ’n dalende wig (moontlik positief) tussen lyn A (R77,55) en lyn B (R73,40). Die formasie sal bevestig word wanneer lyn A (R77,55) in ’n steun verander en die teiken van die formasie, indien dit sou uitspeel, is R88. Die formasie sal van die tafel wees wanneer lyn B weer in ’n weerstand verander.

Die 10-dae- bewegende gemiddelde (R79,03) wag baie na aan lyn A. Dit bevestig die belangrikheid van hierdie twee weerstande.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R77,55) maar gebruik lyn B (R73,40) as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die volgende teikens na bo is: R79,90; R81,50; R82,76; R84; R85,75; en R88.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment jeens die aandeel sal eers na negatief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R71,01) in ’n weerstand verander.
Tegniese ontleders

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.