Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Optimisme vir Gold Fields terug

Gold Fields is ’n gediversifiseerde goudprodusent met projekte in onder meer Australië, Chili, Ghana, Peru en Suid-Afrika.

Gold Fields

Die stogastiese aanwyser dui daarop dat die aandeel oorverkoop is. Die twee gemiddeldes op dié aanwyser het mekaar na bo gekruis, wat impliseer dat optimisme weer terugkeer ná winsneming.

’n Dalende wig (positief) is sigbaar, wat bo lyn B (R70,70) bevestig sal word.

Die eerste teken van tegniese krag sal bo lyn A (R70,98) sigbaar wees. Let daarop hoe naby mekaar lyn A en lyn B aan mekaar is. Dit bevestig die belangrikheid van hierdie weerstandsvlakke.

’n Venster na bo is oop tussen R86,97 en R87,91, wat kan dui op ’n koopgeleentheid. ’n Venster sluit altyd, maar dit kan dae, weke of maande neem.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R70,98) maar gebruik R66,10 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R73,26; R74,70; R75,90; R76,98; R78,62; en R80;70 of selfs die venster wat by R87,91 sluit, indien die kopers in beheer bly.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die 40-weke- bewegende gemiddelde (R63,40) is steeds ’n steun, wat impliseer dat die langtermynsentiment teenoor die aandeel verander na positief.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.