Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Pasop vir dubbelhoogte by ARM
ARM, modikwa
ARM se Modikwa-platinummyn.

African Rainbow Minerals (ARM) is ’n toonaangewende gediversifiseerde mynbou- en minerale maatskappy.

Sy myne produseer yster-, mangaan- en chroomerts, die platinumgroepmetale (PGM’s), koper, nikkel en steenkool. ARM vervaardig ook mangaan- en chroomgeleiers en het ’n belegging in goud deur sy aandeelhouding in Harmony (14,6%).

Sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Desember 2018 toon ’n 13%-styging in sy wesensverdienste per aandeel.

’n Gevaarlike dubbelhoogte is dalk aan die ontwikkel.

Die stogastiese aanwyser toon dat die aandeel oorgekoop is, wat die moontlikheid van ’n terugtrekking verhoog.

R174,06 was ’n sterk weerstand wat verskeie kere getoets is en nie in ’n steun kon verander nie, maar verlede week is dié weerstand oorkom.

Die eerste tekens van swakheid sal onder lyn A (R170) sigbaar wees.

Onder lyn B (R161,72) sal die langtermyn- opwaartse tendens sedert Desember 2018 gebreek word.

As lyn C (R152) in ’n weerstand verander, sal ’n moontlike dubbelhoogte (negatief) bevestig word, wat die aandeel na R130 kan neem indien die formasie uitspeel. Bo R176 sal die dubbelhoogteformasie weer van die tafel wees.

ARM
  • Spekulante: Verkoop of oorweeg ’n kortposisie onder lyn A (R170), maar gebruik R176 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is: R166; R163,05; R160,96; R158,88; R156,30; en R152.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die weeklikse grafiek dui tans ook op ’n oorgekoopte situasie, maar daar is ooglopend momentum na bo. Die aandeel moet egter R174,06 verander in ’n steun vir dié momentum om voort te duur.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1414,91 (1655)
  • Top 40 48290,12 (-90377)
  • All Share 54271,23 (-95982)
  • Resource 10 42383 (-54567)
  • Financial and Industrial 30 72690,1 (-150111)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.