Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese Ontleding: RMI lyk aantreklik

Rand Merchant Investments (RMI) is ’n strategiese, aktiewe bestuurder van ’n finansiële portefeulje van R52 miljard).

Sy portefeulje behels onder meer ’n 89,1%-belang in Outsurance, ’n 25%-belang in Discovery, 27,3% in Momentum-Metropolitan, 29,9% in Hastings en meer.

Sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde September 2019 het ’n daling van 4% in genormaliseerde verdienste en ’n daling van 7% in wesensverdienste gerapporteer. Die dividendopbrengs van die aandeel is 3,45% en die prysverdiensteverhouding is 10.

Frans de Klerk
Rand Merchant Investments se aandeelprysgrafiek wys die aandeel is aantreklik op huidige vlakke.

Die koevertbande op die grafiek wys altyd sterk ondersteunings- en weerstandsvlakke.

Koeverte word geskep deur ’n persentasieafwyking. In hierdie geval word ’n 10%-afwyking voorgestel weg van die 20-dae- bewegende gemiddelde wat sterk steun- en weerstandsvlakke uitwys.

Die onderste band van die koevert het verander in ’n steun, wat as positief beskou word.

Die bul-oorheersende kers (positief) impliseer dat ywerige kopers die aandeel teen huidige vlakke aantreklik vind.

Die volgende sterk weerstand om te oorkom wag by die 20-dae- bewegende gemiddelde (R27,15; die geel lyn op die grafiek).

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo R25,68, maar gebruik R22,79 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R27,05; R27,14; R27,40; R27,80; R28,30; en R28,90.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermynsentiment jeens die aandeel sal na positief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R30,31) in ’n steun verander. Die aandeel sukkel sedert Maart 2018 om hierdie bewegende gemiddelde in ’n steun te verander en as sulks te behou.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.