Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: South32 in driehoek gevang

South32 is ’n goed gediversifiseerde mynbou- en metaalmaatskappy wat in Suid-Afrika, Londen en Australië genoteer is.

South32 se Hillside-smelter by Richardsbaai.

Sy jongste jaarresultate vir die tydperk tot einde Junie 2018 het ’n styging van 18% in die onderliggende verdienste gerapporteer. Sy totale produksie van mangaanerts het met 10% toegeneem en hy verwag om algehele produksie in 2019 met 5% te verhoog.

Die maatskappy het ook daarin geslaag om 176 miljoen van sy eie aandele terug te koop.

Die aandeel is vasgevang in ’n simmetriese driehoek tussen lyn A (R32,28) en lyn B (R34,30).

As lyn A in ’n weerstand verander, kan die aandeel daal tot R30,10. Dit sal ’n beerwigformasie bevestig waar ’n simmetriese driehoek ’n pouse in die algehele dalende tendens van die aandeel bevestig.

As lyn B (R34,30) egter in ’n steun verander, kan ons die aandeel na R37 sien styg indien die simmetriese driehoek sy teiken na bo bereik.

Die 26- en 9-dae- bewegende gemiddelde het ook na bo gekruis, wat die optimisme vir medium- tot langtermynbeleggers bevestig.

frans de klerk

Ons kan aanneem dat die momentum na bo sal voortduur vir solank die neiging-verwyderde prysossilator (DPO) bo die nullyn konsolideer. Onder die nullyn kan ons aanneem dat die aandeel stoom sal verloor.

’n Venster wag tussen R40,90 en R40,99. Die tegniese reël ten opsigte van vensters is dat dit of vandag, môre of iewers in die toekoms gesluit kan word.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn B (R34,30), maar gebruik lyn A (R32,28) as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R34,95; R35,35; R35,66; R35,98; R36,43; en R37. Verkoop of oorweeg ’n kortposisie onder lyn A (R32,28), maar gebruik lyn B as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is R31,80; R31,45; R31,20; R30,90; R30,60; en R30,10.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: ’n Koppie-en-piering-formasie is sigbaar op die weekgrafiek. Die optimisme oor hierdie formasie sal slegs bevestig word wanneer R34,30 verander in ’n steun. Onder R32,32 kan ons aanvaar dat die momentum na onder kan voortduur.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar: www.fransdeklerk.com; www.chris-tell.com; Twitternaam: TraderFrans

Meer oor:  South32  |  Frans De Klerk  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1612,44 (2888)
  • Top 40 48956,52 (-6304)
  • All Share 55194,61 (-6537)
  • Resource 10 45305,91 (39031)
  • Financial and Industrial 30 72089,01 (-32615)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.