Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese Ontleding: Tiger Brands wys hy wil styg

Tiger Brands, een van die maatskappye in die JSE se top-40-indeks, is een van die grootste vervaardigers en bemarkers van vinnig bewegende verbruikersgoedere in Afrika.

Van sy gewildste handelsname is Mrs Balls-blatjang, Albany-brood, Cross & Blackwell-mayonnaise, Jungle Oats, Tastic Rice, Black Cat-grondboontjiebotter, Koo-blikkieskos, Doom en All Gold-produkte.

Sy jongste finansiële resultate vir die tydperk tot einde September, toon ’n daling van 26% in sy wesensverdienste per aandeel. Die bedryfsinkomste het met 28% gedaal.

’n Omgekeerde kop-en-skouer-formasie (positief) is sigbaar met die neklyn wat wag by lyn A (R283,95).

Die formasie sal bevestig word wanneer die neklyn verander in ’n steun. Die konserwatiewe teiken van die formasie is R305 en die volle teiken is R330 indien die formasie wel uitspeel.

Die formasie sal van die tafel wees wanneer R266,80 verander in ’n weerstand.

Die bewegende gemiddelde konvergensie-divergensie-aanwyser (MACD) het positief gedraai bo die nul-lyn, en die 26- en 9-dae- bewegende gemiddeldes het mekaar reeds na bo gekruis, wat die sentiment vir mediumtermynbeleggers na positief verander.

Tiger Brands

Daar wag ook ’n venster na bo tussen R327,13 en R319,00 wat dalk gesluit kan word indien die momentum na bo voortduur.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R283,95), maar gebruik R266,80 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R295,09; R301,20; R306,14; R311,07; R318,10 en R319 (opening van die venster) en R327,13 (sluiting van die venster).
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die omgekeerde kop en skouer op die weeklikse grafiek sal slegs bo R288,30 bevestig word en onder R266,49 sal die formasie van die tafel wees.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar: www.fransdeklerk.com; www.chris-tell.com; Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Tiger Brands  |  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.