Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Theo Vorster: Goeie JSE-nuus – wie sou kon raai?

Aan die begin van 2019 het die vooruitsigte vir beleggingsmarkte maar somber gelyk en niemand wou werklik aan hul beleggings torring of nuwe kapitaal daaraan toewys nie.

Theo Vorster

Die aanvaarde storie was dat ons eers moes wag vir meer duidelikheid alvorens ons verdere geld belê.

Van die probleme waaroor daar eers duidelikheid moes kom, was pres. Donald Trump se handelsoorlog met China, Brittanje wat vasgevang is in Brexit-tydlyne, Eskom wat eenvoudig te veel skuld het en nie ons ligte kan aanhou nie, en dan natuurlik die komende algemene verkiesing met die los gepratery wat daarmee gepaardgaan.

Ons is nou drie maande later en nie een van dié veranderlikes is nader aan ’n oplossing nie – inteendeel, Eskom het die land intussen met amper ’n volle week se fase 4-beurtkrag gestraf, die Britte strompel van debat na debat, en plaaslik is politici is in volle spekskiet-swang soos hulle veg om ’n werk ná 8 Mei te probeer vasmaak!

Wat egter verander het, is dat die JSE in die eerste kwartaal van 2019 met amper 8% gestyg het en, met die stygings sedert begin April bygetel, is die JSE se indeksvlakke nou reeds meer as 10% hoër as aan die begin van die jaar – een van die sterkste eerstekwartaal-prestasies in ’n baie, baie lang tyd!

Ek het absoluut geen idee of die 10%-styging sedert die begin van die jaar maar net deel is van die normale jaarlikse skommelings in markte nie. Al wat ek wel weet, is dat daar akademies bewese beginsels is wat die tande van die tyd kan weerstaan.

Dit is die goeie nuus. Die beter nuus vir beleggers met gesonde internasionale blootstelling is dat die groot wêreldmarkte selfs nog sterker as die JSE oor dié drie maande gepresteer het.

As ek kyk na die MSCI-wêreldindeks in randwaarde (om dit te kan vergelyk met die JSE), was die styging meer as 12%, teen die agtergrond van die voortslepende handelsoorlog tussen die VSA en China, asook Brittanje en Europa wat steeds vroteier speel.

Dit bring my by die punt van hoe moeilik dit bly om beleggingsbesluite op vooruitskattings te grond. Al wat ons aan die begin van die jaar geweet het, was dat die mark nie baie duur was nie en dat daar heelwat onsekerhede is wat hulle in 2019 sal moet uitspeel (sowel plaaslik as internasionaal).

Teen dié agtergrond het Suid-Afrikaanse beleggers in gebalanseerde fondse en portefeuljes ’n baie sterk kwartaal geniet.

Vandag oor presies ’n maand, op 9 Mei, gaan ons weet wat die uitslag van die verkiesing is en gaan pres. Cyril Ramaphosa na alle waarskynlikheid sy eerste volwaardige staatsrede lewer as verkose president van Suid-Afrika (onthou, tans dien Cyril bloot Jacob Zuma se tweede termyn as president van die land uit) waarin hy die “nuwe administrasie” (Cyril se eie woorde) se planne vir die res van 2019 gaan uitstippel.

Ek het absoluut geen idee of die 10%-styging sedert die begin van die jaar maar net deel is van die normale jaarlikse skommelings in markte en of dit die begin is van ’n nuwe langtermyn- opwaartse groeifase vir beleggers nie. Al wat ek wel weet, is dat daar akademies bewese beginsels is wat die tande van die tyd kan weerstaan en dat vooruitskattings nie een van daardie bewese strategieë is nie.

Geniet die laaste weke van kalkoentyd (iemand by die Woordfees het dié term gebruik om na die laaste weke voor die verkiesing te verwys) en fokus eerder om die dinge wat jy kan beheer en bestuur – jou eie emosies heel eerste, en dan dinge soos koste, bateklassamestelling, gesonde buitelandse blootstelling en dan natuurlik die dissipline om by jou plan en begroting te hou eerder as om te wag vir beter (en waarskynlik duurder) tye om jou beleggingsplan in werking te stel.

  • Theo Vorster is die uitvoerende hoof van Galileo Capital en ’n spreker oor beleggings, landbou en politiek-ekonomiese vraagstukke.
Meer oor:  Theo Vorster  |  Beleggings  |  Sakegesprek  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.