Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Theo Vorster: Slim vang maklik sy baas

Met die oorgang van die ou bedeling na die nuwe Suid-Afrika het baie staatsamptenare in die laat 1990’s besluit om pakkette te neem, met weermaglede voor in die tou. Baie se besluit was uit vrees vir hul loopbaan en van die ander wou die geleentheid gebruik om hul talente in die private sektor aan te wend.

Theo Vorster

Van die moeilikste gesprekke was dié met ouens wat die aftreepakketgeld wou neem en, sonder enige ervaring of sakeplan, ’n Spur, Wimpy, bande-en-uitlaatstelsel-onderneming wou begin. My standpunt was altyd: Waarom koop jy nie ’n aandeel in al die Spurs of Wimpys in die land eerder as om jouself op te saal met die verantwoordelikheid om jou eie restaurant te bedryf nie – veral teen die agtergrond dat kennis van lekker eet nie genoeg is om van jou ’n restaurateur te maak nie!

Hoewel ek seker is dat daar wel mense is wat suksesvol was met hul nuwe eie ondernemings, was my ervaring dat dié nuwe restaurateurs (of uitlaatstelsel-en-bande-ondernemings) gewoonlik misluk en die ouens se pakkette in die niet verdwyn het soos kapitaal permanent uitgeploeg is.

In teenstelling hiermee, kla die ouens met die beleggingsportefeuljes tans oor die relatiewe onderprestasie van die Spur- en Famous Brands-aandele (Famous Brands besit onder meer Wimpy) en wonder hulle of hulle genoegsaam gediversifiseerd is.

Dit is belangrik om te onthou dat hul kapitaal steeds bestaan. Daar is ’n groot verskil om te gesels oor die relatiewe prestasie van kapitaal as oor die uitdaging om te probeer oorleef wanneer jou kapitaal nie meer daar is nie!

Daar is ’n groot verskil om te gesels oor die relatiewe prestasie van kapitaal as oor die uitdaging om te probeer oorleef wanneer jou kapitaal nie meer daar is nie!

Danksy die huidige reëls oor buitelandse beleggings is dit baie maklik om te diversifiseer deur jou kapitaal te laat “emigreer”, terwyl jy steeds in Suid Afrika bly – inteendeel, enige gediversifiseerde beleggings portefeulje behoort genoegsame kapitaal in die buiteland te hou. (Let wel, ek verwys nie nou na finansiële emigrasie nie, dis weer ’n ander gesprek, maar na die tot R11 miljoen wat jy elke jaar landuit mag neem.)

Dit bring my terug by my ervaring met die aftreepakkette van die laat 1990’s en die keuse tussen ’n eie Spur en ’n aandeel in al die Spurs in die land.

Ek sien baie boere wat dit tans oorweeg om ’n boerdery iewers in Australië, die Amerikas of Oos-Europa te vestig as diversifikasie vir die politieke risiko in Suid Afrika.

Hoewel ek meen ons Suid-Afrikaanse boere is van die beste ter wêreld, reken ek ’n mens moet baie versigtig wees om te dink net omdat jy suksesvol in een land (Suid-Afrika) is, jy noodwendig in ’n totaal ander land en omgewing ook suksesvol gaan wees.

My aanbeveling is om dan eerder jou kapitaal te emigreer en dan, as jy glo in landbou en voedsel as ’n langtermynbelegging, eerder in ’n wêreldwye beleggingsportefeulje te belê wat jou blootstelling gee aan van die wêreld se beste internasionale landbou- en voedselbesighede eerder as om die boerderyrisiko in ’n vreemde land op te neem.

So ’n landbou- en voedselportefeulje kan belange hê in onder meer John Deere, Bayer, Nestlé, Cargill, Kellogg’s, van die landboutegnologiefirmas en natuurlik ook fondse wat landbougrond op verskeie kontinente besit.

As dit kom by buitelandse blootstelling, is die vraag altyd wanneer – veral met die rand se gebokspring!

Allan Gray het ’n studie oor die afgelope 20 jaar gedoen en drie scenario’s met mekaar vergelyk:

  • Iemand wat geld maandeliks uitneem en nie werklik omgee oor die waarde van die rand wanneer die geld uitgeneem word nie;
  • Iemand wat elke jaar op die heel beste tyd van die jaar (wanneer die rand op sy sterkste was) geld uitneem; en
  • Iemand wat geld op die heel swakste tyd geld uitneem. Die verskil tussen die heel beste tyd oor 20 jaar en die heel swakste tyd oor 20 jaar was 15% oor die hele 20 jaar.

Die persoon wat periodiek oor die hele die tydperk geld uitgeneem het, is ná 20 jaar sowat 7% swakker af as die persoon wat elke jaar presies op die heel sterkste wisselkoers geld uitgeneem het.

Die afleiding is dat ons nooit gaan weet presies wanneer die beste of slegste tyd is nie, maar dat dit belangriker is om die diversifikasiebesluit te neem as om elke jaar die tydsberekening 100% reg te probeer raai – jy gaan dit op die beste in enkele jare reg raai, maar statisties gesproke gaan jy die meeste van die tyd die bal misslaan.

Kortom – bestee baie meer tyd aan die beginsel en inwerkingstelling van die regte diversifikasiestrategie as om tyd te versmaai rondom die raai van die ideale tydsberekening!

  • Theo Vorster is die uitvoerende hoof van Galileo Capital en ’n spreker oor beleggings, landbou en politiek-ekonomiese vraagstukke. Dié rubriek was deel van die weeklikse nuusbrief Sakegesprek, wat Dinsdae aan intekenare wat dit wil ontvang, gestuur word. Gaan na jou Netwerk24-profiel as jy ook die nuusbrief in jou e-posmandjie wil ontvang.

Innibos, Nelspruit

Kom geniet van 26 tot 28 Junie ’n glas wyn saam met Theo Vorster en sy kollega Monique Bräsler, welvaartbestuurder by Galileo Capital, by die Netwerk24 Feeskafee op die Innibos Kunstefees in Mbombela, waar hulle die foute, flaters en geleenthede in beleggings bespreek:

  • 26 Junie om 15:00: Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Die somme agter beleggings en die duurste foute wat mense maak.
  • 27 Junie om 15:00: Diversifikasie en oorsese beleggings – hoe, wanneer en die rooi ligte
  • 28 Junie om 15:00: Welvaartoordrag van generasie tot generasie – vanaf R1 miljoen tot R100 miljoen, wat is die kernbeginsels, foute en wenke?

Vryfees, Bloemfontein

Monique Bräsler, welvaartbestuurder by Galileo Capital, en Wessel Oosthuizen, uitvoerende hoof van Verso Wealth, sal van 3 tot 5 Julie saam met Theo Vorster op die Vrystaatse Kunstefees wees. Kom maak ’n draai by die Netwerk24 Feeskafee vir die gratis aanbiedings.

  • 3 Julie om 16:00: Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Die somme agter beleggings en die duurste foute wat mense maak.
  • 4 Julie om 16:00: Diversifikasie en oorsese beleggings – hoe, wanneer en die rooi ligte.
  • 5 Julie om 16:00: Welvaartoordrag van generasie tot generasie – vanaf R1 miljoen tot R100 miljoen, wat is die kernbeginsels, foute en wenke?
Meer oor:  Theo Vorster  |  Beleggings  |  Sakegesprek  |  Aandele  |  Boerdery  |  Buitelandse Beleggings  |  Oorsese Beleggings  |  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.