Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Verdien nou rente op jou kriptogeld
Jy kan nou rente op jou digitale geld verdien.

Eienaars van digitale geldeenhede soos bitcoin en ethereum kan nou rente daarop verdien.

Luno, Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir digitale geld, en Genesis, ’n prima makelaarsdiens in dieselfde bedryf, het pas ’n vennootskap aangegaan wat dit moontlik maak om rente op kriptogeld te verdien.

Danksy die vennootskap kan eienaars nou ’n soort spaarrekening open vir hul digitale geld en rente teen ’n koers “in ooreenstemming met ander instansies” verdien.

“Hierdie innoverende spaarrekeninge bied mense sonder bankrekeninge in ontluikende markte toegang tot bankdienste deur die infrastruktuur wat vir die wêreldwye kripto-mark aangebring is,” sê Luno in ’n verklaring.

Dit skep ook nog ’n moontlike bron om opbrengste te genereer deur die koop en verkoop van kriptogeld.

Genesis se sakemodel is soortgelyk aan dié van ’n tradisionele bank, maar in stede van “gewone” geld, leen dit kriptogeld.

Net soos ’n bank waar jy rente vir ’n positiewe saldo kan verdien, bied Genesis die geleentheid om dieselfde met ’n positiewe saldo in digitale geld te doen.

Boonop is die moontlike rentekoerse “fassinerend”, sê Michael Moro, uitvoerende hoof van Genesis.

“Ons leef in ’n wêreld waar die wêreldwye monetêre beleid tot rekordlae rentekoerse vir tradisionele geld in spaarrekeninge gelei het,” sê hy.

Rentekoerse in Suid-Afrika is onlangs tot die laagste vlak in bykans 50 jaar verlaag.

Omdat dieselfde monetêre beleid nie vir kriptogeld geld as “gewone geld” nie, kan beleggers heelwat meer rente op positiewe saldo’s verdien.

“Dit bied ’n geleentheid om mense wat onbekend is met kripto te lok en hulle ’n duidelike waarde-aanbod te bied.”

Die vennootskap met Genesis maak dit nou vir Luno moontlik om meer finansiële produkte aan sy gebruikers te bied.

Tot dusver het die diens net die koop en verkoop van verskeie digitale geldeenhede behartig.

Oorplasings van digitale geld van een persoon na ’n ander kon ook plaasvind.

Tot dusver het eienaars wel nie rente op hul digitale geld verdien nie, iets wat nou danksy die vennootskap met Genesis moontlik gaan wees.

Meer oor:  Luno  |  Beleggings  |  Rente  |  Kriptogeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.