Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Volg dié reëls vir veilige aanlyn beleggings

As jy soos baie ander aanlyn met jou geld wil woeker, maar eintlik ’n bietjie bang is, is jy nie alleen nie.

Moenie uitgevang word deur aanlyn makelaars nie. Foto: Unsplash

“Een van die belangrikste struikelblokke wat mense verhinder om geleenthede in aanlyn beleggings te ondersoek, is kommer oor die veiligheid en sekerheid van hul persoonlike inligting. Veral met die aanvang van Covid-19 is die verhale oor aanlyn bedrog aan die toeneem,” sê Dany Mawas, streekdirekteur van die makelaarsfirma Infinox.

Volgens Infinox is baie mense wat die slagoffer van ’n bedrogspul word, beginners, bejaardes of diegene wat finansieel sukkel.

Om dit te voorkom, gee Mawas ’n kort lys van dinge waarop potensiële beleggers in geldeenhede, aandele, kriptogeld of afgeleide instrumente moet let om nie slagoffers van swendelaars te word nie.

Doen jou navorsing

As ’n nuwe belegger kan dit ’n uitdagende taak wees om ’n ideale makelaar te vind. Deur generiese soektogte op die internet te doen, aanlyn gesprekke te volg en mediaberigte te lees, sal jy ’n beter indruk kry van die makelaar met wie jy te doen het.

Verseker dat die makelaar gereguleer word

Makelaars moet by ’n reguleerder geregistreer wees in die lande waarin hulle werk. As sodanig is dit noodsaaklik om te verseker dat die makelaar deur owerhede soos die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) gereguleer word.

Kyk op die makelaarswebwerf

’n Ander pluspunt dat die makelaar gereguleer word, is dat hulle deursigtig moet wees om te verseker dat handelaars die mees ingeligte besluite kan neem. Dit beteken dat hulle die persentasie risiko moet insluit waarmee handelaars te make kan hê.

Dis ook belangrik om na te gaan of die makelaar ’n fisieke adres het. Hoewel makelaars hul ondernemings aanlyn bestuur, is ’n fisieke ligging ’n aanduiding van hul toewyding tot hul onderneming, hul span en uiteindelik hul kliënte.

As dit te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik

Wees versigtig vir makelaars waar dit te maklik is om ’n rekening te open, te maklik om geld te deponeer, te maklik om te handel en waar hemelhoë opbrengste “gewaarborg” word.

Wees waaksaam op sosiale media

In ’n onlangse TradeForexSA-verslag is gevind dat misdadigers gebruik maak van sosiale media soos Facebook en Instagram om slagoffers te vind. TradeForexSA se verslag dui daarop dat 50% van die swendelaars hul slagoffers op sosiale media vind.

Kyk na beskermende maatreëls

Oor die algemeen volg swendelaars dieselfde patroon dat hulle hoë minimum deposito’s vereis – dit moet vir jou ’n waarskuwing wees.

Beleggers moet in staat wees om geld via ’n kliëntportaal maklik te deponeer en te onttrek. Betroubare makelaars werk saam met bekende betalingsverskaffers met lae tariewe en vinnige transaksies. Dit is noodsaaklik om op enige tydstip toegang tot jou geld te kry.

Suid-Afrika word vinnig een van die belangrikste bestemmings vir handel in alle finansiële bates, sê Mawas.

“As sodanig is dit noodsaaklik dat beleggers versigtig is vir aanlyn bedrog en sorg dat hulle waaksaam bly en nie slagoffers word nie.”

Meer oor:  Bedrog  |  Internet  |  Beleggings  |  Tegnologie  |  Swendelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.