Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
5 studierigtings wat vir jong mense ’n werk waarborg
Baie jong mense besluit op die oomblik wat hulle ná skool gaan studeer. Volg dié wenke.

Met werkloosheid onder die jeug op sowat 38% het Gary Epstein, besturende direkteur van EasyBiz QuickBooks, die volgende lys van beroepe opgestel wat jong mense moet oorweeg om hulself ekonomies te bemagtig.

Dis hierdie soort vaardighede wat die werkplek vereis en wat ’n prioriteit moet wees as jong mense besluit watter studierigting om in te slaan, meen Epstein.

1. Finansiële of rekeningkundige bestuurder

Alle ondernemings het finansiële afdelings en daar is altyd ’n vraag na hierdie vaardighede. Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters het Suid-Afrika ’n ekstra 22 000 gesertifiseerde rekenmeesters nodig om die huidige gaping in die vraag te vul.

2. Mediese dokter

Om aan die vereistes van ’n groeiende bevolking te voldoen, het die land se openbare en private gesondheidsorgsektor altyd ’n vraag na opgeleide dokters. Die dilemma is natuurlik dat opleidingsinstellings slegs ’n baie beperkte aantal studente per jaar tot dié studieveld toelaat.

3. Analitiese kundige

Sakeondernemings is toenemend afhanklik van tegnologie en versamel daagliks reusehoeveelhede inligting wat hulle stoor en moet ontleed. Die vordering in outomatisering het gelei tot ’n groot vraag na kundiges met ontledingsvaardighede.

4. Ingenieur

Suid-Afrika lei volgens Epstein veels te min ingenieurs op, en sukkel om dié te behou wat hy wel oplei. Talle ingenieurstudente kies om na die buiteland te skuif, en die binnelandse markplek bied dus talle geleenthede vir ingenieurs wat hul vaardighede plaaslik wil toepas.

5. Vaklui

Vakkundiges soos werktuigkundiges, elektrisiëns of loodgieters is baie jare lank in groot aanvraag in Suid-Afrika. Daar is tans ’n tekort aan sowat 40 000 gekwalifiseerde vakkundiges in die land.

Meer oor:  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.