Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
5 wenke om gelukkig by die werk te wees
Ter illustrasie.

Ons almal is definitief nie altyd gelukkig by die werk nie. Maar presies hoe bly ’n mens gelukkig?

Linda Trim, direkteur by Giant Leap, gee ’n paar wenke oor hoe om gelukkig by die werk te wees. 

1. Besluit om gelukkig te wees

Glo dit of nie, maar ’n mens kan self besluit of jy gelukkig wil wees by die werk of nie. Trim erken egter dit is soms nie maklik om dié keuse te maak nie.

“Dink positief oor jou werk en fokus op dinge waarvan jy hou.” 

2. Maak net beloftes wat jy kan hou

Het jy al belowe of onderneem om iets by die werk te doen en dan kom jy net nie daarby uit nie? Moenie te veel hooi op jou vurk laai nie. Werknemers wat skuldig voel omdat hulle nie gedoen het wat hulle voorgeneem het nie, is dikwels baie ongelukkig by die werk.

3. Vra vir terugvoer

“Baie mense kla dikwels hul baas gee geen terugvoer nie, so hulle weet nie hoe hulle presteer nie,” sê Trim. “Die waarheid is dat jy waarskynlik presies weet hoe jy presteer, jy wil net bevestiging daarvan hê. Praat met jou baas daaroor."

4. Weet wat gaan aan by die werk

Moenie vir jou baas wag om jou te vertel wat by die werk aangaan nie. Bly op die hoogte en vra as jy onseker oor iets is.  Mense wat nie weet wat by die werk aangaan nie is dikwels baie meer ongelukkig as hul ander kollegas.

5. Maak vriende

Jy wil dalk nie ná werk saam met jou kollegas kuier nie, maar dit is tog die moeite werd om vriende by die werk te maak.

“As jy goeie vriende by die werk het, is daar ’n goeie kans dat jy jou werk gaan geniet,” voorspel Trim.

Meer oor:  Werk  |  5 Wenke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.