Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
82% wat Covid-19 by werk opdoen, is vroue

Vroue is kwesbaarder om Covid-19 by die werk op te doen.

hospitale, hospitaal
Verpleegkundiges en ander mediese personeel is baie kwesbaar om Covid-19 op te doen. Foto: Unsplash

Meer as 82% van die eise vir Covid-19-gevalle wat by die Vergoedingsfonds ingedien is, is vir vroue. Vroue is die meerderheid slagoffers in al nege die provinsies, sê die departement van indiensneming en arbeid in ’n verklaring.

Sedert die aanvang van die pandemie het die Vergoedingsfonds 941 eise ontvang vir Covid-19 wat by die werk opgedoen is. Nog 474 eise is deur Rand Mutual Assurance en 20 deur Federated Employers Mutual Assurance ontvang, twee firmas wat vergoedingseise administreer. Dit beteken altesame is 1 435 eise ontvang.

Verpleegkundiges is onder die grootste aantal slagoffers.

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, sê dis duidelik dat werkers in die voorste linie van die stryd teen Covid-19 – soos verpleegkundiges en ander mediese personeel – erg geraak word.

“Ons syfers toon dat die werknemers wat die meeste geraak word verpleegkundiges is wat die grootste prys betaal sodat ons ’n tweede kans kan kry en die pandemie kan oorleef.”

Die fonds het tot dusver R202 172,35 aan mediese uitgawes uitbetaal.

Die ontleding vir die verskillende provinsies vir eise regstreeks aan die fonds lyk soos volg:

  • Wes-Kaap: 657 eise, waarvan 533 (81%) vroue is. Hiervan is 356 eise uitbetaal, 69 is verwerp en 232 wag op die uitslag van beregting.
  • Oos-Kaap: 127 eise, 99 (78%) van vroue. 26 is uitbetaal, 3 is verwerp en 98 word nog bereg.
  • KwaZulu-Natal: 98 eise, 92 (94%) van vroue. 67 is uitbetaal, 5 verwerp en 26 word nog bereg.
  • Gauteng: 54 eise, 46 (85%) van vroue. 31 is uitbetaal, 7 verwerp en 16 word nog bereg.
  • Limpopo: 2 eise, albei (100%) van vroue. 1 is uitbetaal, 1 is verwerp.
  • Noordwes: 2 eise, 1 (50%) van ’n vrou. Albei is uitbetaal.
  • Mpumalanga: 1 eis, van ’n vrou (100%). Die eis is goedgekeur.
  • Die Vrystaat en Noord-Kaap het nog geen eise ingedien nie.

Nxesi het ’n beroep op werkgewers gedoen om die nodige beskermende toerusting te verskaf. Die departement het die getal inspeksies wat hy doen, verhoog om seker te maak dat die “letter en gees” van veiligheidsregulasies teen Covid-19 nagekom word.

“Ongelukkig sien ons nog lae vlakke van voldoening – 57% vir die private sektor en 47% vir die staatsdiens.”

Sedert 27 Maart is 2 475 waarskuwings aan werkgewers uitgereik en in 385 gevalle is ondernemings se deure tydelik gesluit sodat hulle hul prosedures kan opskerp,” sê Nxesi.

“Werkers moet weier om onder gevaarlike omstandighede te werk. Net dié week is ’n maatskappy wat arbeidswette verontagsaam het en nie by inperkingsregulasies gehou het nie, skuldig bevind en beboet. Dit was die werkers in daardie maatskappy wat die fluitjie geblaas het. Sowel werkgewers as werknemers het ’n verantwoordelikheid vir gesondheid en veiligheid, hoewel met verskillende rolle.”

K
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.