Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Aansoeke vir verlengde TERS Maandag ingewag

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) sal van 17 Augustus begin om aansoeke vir tydelike werknemerverligtingvoordele (TERS) vir Julie en Augustus te ontvang.

Thulas Nxesi, minister van arbeid.

Die departement van arbeid het dié aankondiging Woensdagaand gemaak. Dit kom nadat Thulas Nxesi, minister van arbeid, die nuwe direktief vir ’n verlengde tydperk vir die TERS-voordele onderteken het. Die voordele sou aanvanklik net vir die drie maande April, Mei en Junie betaalbaar gewees het as verligting vir werkers wat minder betaal is of glad nie betaal is weens die staat van inperking nie.

Die verlengde tydperk waarvoor voordele geëis kan word, is egter ook maar net van 1 Julie tot 15 Augustus.

Die werknemers wat hiervoor kwalifiseer is dié wie se werkgewers ingevolge die rampbestuursregulasies nog nie toegelaat is om sake te doen in daardie tyd nie, wat nie alternatiewe reëlings vir kwesbare werkers kon tref soos om hulle van die huis af te laat werk nie, en wat weens die inperkingsregulasies nie hul werkers se dienste ten volle kan gebruik nie, byvoorbeeld weens skofstelsels, werkroosters, verspreide werktye of korttyd.

Die WVF probeer intussen steeds die agterstand uitwis van aansoeke vir April tot Junie. Daar is intussen ook by die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) ooreengestem dat die afsnydatum vir eise vir April en Mei op 15 September sal wees. Alle aansoeke vir dié maande moet teen daardie datum by die WVF ingedien wees om verwerk en uitbetaal te word.

Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, het wel in ’n verklaring gesê alle bestaande eise sal steeds oop wees vir korreksies en afhandeling, ongeag die sperdatum van 15 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.