Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Afgedank oor inenting? ‘Solidariteit sal hof toe’

Solidariteit sê hy sal werkgewers hof toe vat as hulle mense ontslaan wat nie ingeënt wil word nie.

inenting, entstof
Verpligte inenting by die werk is toelaatbaar, mits dit werknemers in ag neem wat besware teen inenting het. Foto: Reuters

Die vakbond sê in ’n verklaring die departement van indiensneming en arbeid maak dit self baie duidelik dat werknemers mag weier om ingeënt te word. Redes wat hulle mag aanvoer, sluit in die reg op liggaamlike integriteit en geloofsoortuigings.

Die departement het verlede Vrydag hersiene aanwysings oor beroepsveiligheid en -gesondheid uitgereik wat wel voorsiening maak vir ’n werkplekbeleid dat mense ingeënt moet word teen die virus wat Covid-19 veroorsaak.

Die departement maak dit egter ook duidelik dat alles moontlik gedoen moet word om werknemers wat weier om ingeënt te word eerder te akkommodeer as af te dank.

LEES OOK: Verpligte inenting nou moontlik by werksplek

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sal entstowwe wêreldwyd ’n groot rol in die bekamping van die virus speel.

“Dit gaan nie hier oor ’n debat vír of téén entstof nie, maar oor die vryheid om te kan kies.”

Hy sê die nuwe direktief se uitgangspunt is dat inentings nie eensydig verpligtend gemaak mag word nie.

“Die aanwysings bepaal in hoogs uitsonderlike omstandighede en ná behoorlike analises en konsultering kan werkgewers verwag dat werknemers in sekere werkareas ingeënt moet word. Ons kan egter nie toelaat dat mense die uitsondering en die reël met mekaar verwar nie.”

In dié gevalle is dit werkgewers se verantwoordelikheid om alternatiewe te vind vir werknemers wat hul keuse uitoefen om nié ingeënt te word nie.

“Werknemers het die vryheid om te kies. Dié aanwysings kan nie aan werknemers die reg gee om te kies en dan is daar gevolge by hul werk nie. Gedwonge inentings sal eerder meer weerstand veroorsaak.

“Dit is eenvoudig onwettig vir ’n werkgewer om ’n werknemer eensydig te verplig om ingeënt te word, en daar kan selfs geargumenteer word dat dit strafregtelik en grondwetlik inbreuk op elke individu se persoonlike reg tot liggaamlike integriteit maak.

“Ons sal nie huiwer om ons lede met die volle mag van die reg te beskerm indien werkgewers sulke drastiese besluite neem nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.