Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Beroepe: Leer vlieg en jou kop is deur

Oorweeg ’n loopbaan as vlieënier, want oor 20 jaar sal daar wêreldwyd werk vir 790 000 vlieëniers wees – dubbel soveel as wat daar tans is – voorspel die vliegtuigvervaardiger Boeing.

Dit is die skerpste groei in verwagte vraag na vlieëniers sedert Boeing die jaarlikse studie nege jaar gelede begin het.

Boeing skryf die skerp toename in vraag toe aan die verwagte verdubbeling oor die volgende twee dekades van die internasionale vloot van kommersiële vliegtuie, asook ’n krimpende arbeidsmark en ’n verwagte rekordgroei in passasiersgetalle.

’n Loopbaan as helikoptervlieënier of instandhoudingstegnikus sal jou ook nie sonder werk laat sit nie.

Boeing het vanjaar vir die eerste keer syfers oor die sakelugvaart- en siviele helikoptersektor in sy oorsig ingesluit. Dit wys daar sal teen 2037 ’n vraag na 155 000 ekstra helikopter- en sakestralervlieëniers en 132 000 ekstra tegnici wees.

Waar sal vlieëniers in 2037 benodig word?
  • Noord-Amerika: 206 000
  • Suid-Amerika: 57 000
  • Afrika: 29 000
  • Europa: 146 000
  • Midde-Ooste: 64 000
  • Rusland en Sentraal-Asië: 27 000
  • Asië en Stille Oseaan-gebied: 261 000

Die vraag na instandhoudingstegnici vir kommersiële vliegtuie sal na verwagting wel krimp van 648 000 tot 622 000, weens nuwe vliegtuie wie se dienstydperke al hoe langer uitgerek kan word.

Keith Cooper, visepresident vir opleiding en professionele dienste by Boeing Global Services, sê in ’n verklaring die lugvaartbedryf ervaar steeds ’n tekort aan vlieëniers, ondanks die sterk groei in internasionale lugverkeer.

Daar is kommer oor ’n wêreldwye tekort aan vlieëniers in die reeds nabye toekoms lank voor 2037, sê Cooper.

Opleidingsgeleenthede om die nuwe generasie vlieëniers te ontwikkel is dus die sleutel. Volgens Cooper werk Boeing saam met lugdienste, regerings en opvoedingsinstellings om seker te maak die mark is gereed om aan die groot vraag na vlieëniers te voldoen.

Boeing help ook lugdienste om beter klaar te kom met die min vlieëniers wat hulle wel het deur doeltreffendheid te verbeter en hulpbronne beter te benut sonder ekstra ontwrigting.

Wat kajuitpersoneel betref verwag Boeing die vraag sal oor 20 jaar van 839 000 tot 858 000 groei weens veranderinge in vliegtuigsoorte binne lugdienste se vlote, regulatoriese vereistes, digter sitplekkonfigurasies en veelvuldige passasiersklasse binne ’n vliegtuig wat meer persoonlike diens vereis. Die sakestralerbedryf sal ook ’n ekstra 32 000 kajuitpersoneel benodig.

Meer oor:  Boeing  |  Lugdienste  |  Werkloosheid  |  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.