Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Breinkwyn laat leemte in SA wat immigrante moet aanvul
Happy young student girl wearing headphones and wa
Die departement van hoër onderwys wag vir kommentaar op 'n konseplys van kritieke vaardighede waaraan daar ’n gebrek in die land is.

Daar is min tyd oor vir die publiek en die sakesektor om kommentaar te lewer op die departement van hoër onderwys se jongste konseplys van kritieke vaardighede waaraan daar ’n gebrek in die land is.

Dié lys word uiteindelik deur die departement van binnelandse sake gebruik as grondslag vir die finale lys van kritieke vaardighede op grond waarvan werkpermitte vir immigrante gegee sal word.

Die afhandeling van die lys is al bykans ses maande laat weens die koronaviruspandemie. Die emigrasie-konsultantefirma Xpatweb sê dit is uiters belangrik dat dit so gou moontlik afgehandel word en dat die regte insette gelewer word.

Dié lys van die departement van binnelandse sake is in 2014 laas opgedateer.

Volgens Xpatweb is dit uiters belangrik dat veral ondernemings insette lewer sodat vaardighede waaraan daar ’n tekort in die land is, oor die volgende paar jaar ingevoer sal kan word.

“Enige persoon wat aan die kriteria van die finale lys voldoen, sal kwalifiseer vir ’n werkvisum onder die kategorie vir kritieke vaardighede kragtens die Wet op Immigrasie,” sê Marisa Jacobs van Xpatweb.

Die publiek kan tot Maandag 7 September kommentaar lewer op die konseplys.

Xpatweb is besig met sy eie peiling onder ondernemings wat teen Vrydag voltooi moet word waardeur hy poste identifiseer wat maatskappye sukkel om plaaslik te vul.

Hierdie data sal gebruik word om die departement van hoër onderwys in te lig oor gebreke in sy huidige konseplys, wat onder meer nie vaardighede soos inligtingstegnologiespesialiste, ingenieurs en buitelandse taalsprekers in sy huidige vorm insluit nie.

Die volledige lys kan hier gevind word.

Xpatweb reken sowat 23 000 kundige persone emigreer jaarliks uit Suid-Afrika. Dit los ’n enorme leemte in die arbeidmag.

“Mense wat emigreer, is dikwels vaardig en ervare. Dit is juis waarom hulle werk in die buiteland kan kry.

“Daarom is dit belangrik om daarvan herinner te word dat vaardighede wêreldwyd verkry word tot ekonomiese voordeel van daardie lande, en dat Suid-Afrika moet meeding om skaars vaardighede te bekom.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.