Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Byvoordele g’n bysaak vir Baas en Klaas by KMO’s
Besluitnemers by klein ondernemings besef hoe belangrik byvoordele soos ’n aftreefonds vir werknemers is, maar die administratiewe las daarvan skrik hulle af. Foto: Pixabay

Baie Suid-Afrikaanse klein en middelslagondernemings (KMO’s) bied nie werknemervoordele soos aftreefondse nie weens finansiële druk, werkers wat nie daartoe wil bydra nie en die bykomende administratiewe las.

Hoewel 56% van KMO-eienaars in ’n Old Mutual-peiling meen dis werkgewers en werknemers se gesamentlike verantwoordelikheid om sulke voordeleprogramme te hê, wys hulle op hindernisse om dit in te stel.

Old Mutual se jongste Monitor oor Werknemervoordele in die KMO-sektor wys skuld en gelddruk is vir sake-eienaars én werkers ’n probleem, sê Pru­dence Thipe, KMO-bestuurder by Old Mutual Korporatief.

Besluitnemers lig bekostigbaarheid vir personeellede uit as ’n rede waarom hulle nie voordele bied nie. 45% van werkers sê ’n groot deel van hul salaris gaan om skuld af te betaal en van húlle sê 48% dat meer as die helfte van hul ­salaris aan skuldvereffening ­bestee word, sê Thipe.

Malusi Ndlovu, van Old Mutual se korporatiewe konsultante, sê omdat net 32% van KMO’s aftreevoordele op hul agenda het, is dit te verstane dat net 41% van werkers in die KMO-sektor gerus voel oor hul aftreeplanne.

Aftreevoordele en ’n mediese fonds is vir KMO-werkers die belangrikste voordele, gevolg deur begrafnisvoordele.

65% van besluitnemers, 70% van werknemers en 54% van makelaars glo die voordele is belangrik om potensiële werkers te lok. Meer as 30% van werkers glo hulle sal beter voordele ontvang by ’n groot firma as by ’n KMO.

Onder besluitnemers meen 17% die maatskappy maak nie genoeg voorsiening vir die toekomstige behoeftes van werkers nie en 43% sê hoewel daar voorsiening is, skiet dit te kort. Onder werkers is dié persentasies onderskeidelik 26% en 35%.

Die monitor wys op uitvoerende vlak meen 91% van werkers hulle sal vir hulself kan sorg ná aftrede, 61% van middelbestuur, 50% van administratiewe en ­verkoopspersoneel, en 43% van fabriek- en depotwerkers.

Van die personeel wat sê hulle sal nie vir hulself kan sorg nie, meen 33% hulle sal aanhou om ’n inkomste te verdien, teenoor 4% in 2014. 33% sê ’n eggenoot of familie sal sorg (2014: 26%), 15% meen hul kinders sal na hulle omsien (2014: 14%) en 14% sê die staat sal sorg (2014: 26%).

Ndlovu sê 30% van werkende Suid-Afrikaners het nie formele aftreefondse nie. Hoewel sulke spaargeld werkers se grootste finansiële prioriteit behoort te wees, word dit dikwels afgeskeep.

“KMO’s, as een van die grootste werkskeppers in die land, moet maatreëls ondersoek wat langtermyn- finansiële sekerheid vir werknemers bied.”

Volgens Thipe stem 86% van KMO-besluitnemers saam dat aftreevoordele ’n prioriteit in hul ondernemings behoort te wees, al wys die monitor daar word nie noodwendig iets gedoen om die situasie te verbeter nie.

Dit kom teen die agtergrond van die ekonomie, waaroor net 8% van KMO-besluitnemers positief voel. Verreweg die meeste sê staatsteun vir die sektor is te min, die koste daarvan om sake te doen styg steeds, en wetgewing kniehalter die ontwikkeling en groei van KMO’s.

Meer oor:  Mediese Fondse  |  Kmo's  |  Aftrede  |  Belasting  |  Entrepreneurs  |  Kleinsake  |  Aftreebeplanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.