Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Davos: Ramaphosa bepleit opleiding
indiensneming, tegnologie

’n Inisiatief gemik op vaardigheidsontwikkeling wat die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in 2017 op die been gebring het, het vanjaar in Davos bekend gemaak hy het reeds ondernemings gekry van rolspelers vir die opleiding van meer as 17 miljoen mense wêreldwyd.

Tegnologie kan oor die volgende tien jaar miljoene mense hul poste kos, volgens navorsing. Foto: Unsplash

Die inisiatief, wat in samewerking met Tata Consultancy Services begin is, het volgens die WEF-webblad die steun van openbare en private vennootskappe om vaardighede wat in die toekoms vereis sal word, te bevorder in onder meer Suid-Afrika, Argentinië, Indië en Oman.

Luidens ’n studie waarvan die resultate in Davos bekend gemaak is, sal regerings na verwagting moet pa staan vir 86% van die $34 miljard wat die heropleiding sal kos van werkers wat in die volgende tien jaar deur tegnologie uit hul poste gedwing sal word.

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê Afrika moet die vierde nywerheidsomwenteling benut en jong mense oplei vir die werkgeleenthede wat tegnologiese vooruitgang sal bring.

Ramaphosa en sy Rwandese eweknie, Paul Kagame, het ’n kultuur van lewenslange opleiding bepleit. Kagame sê ’n kind se onderrig begin “in die baarmoeder as sy ma die regte voeding kry”.

Sjinzo Abe, Japan se premier, gaan sy land se G20-voorsitterskap gebruik vir die daarstel van ’n agenda oor databestuur. 

Meer oor:  Ramaphosa  |  Cyril  |  Davos  |  Loopbane  |  Werkskepping  |  Beroepe  |  Werkloosheid  |  Opleiding  |  Studies  |  Wef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.