Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Deloitte vra: Wat behoort grootbase te verdien?
Deloitte sê uitvoerende hoofde moet “buitengewoon goed” presteer voordat groot kontantbonusse oorweeg word.Foto: Reuters

Wat is ’n billike salaris vir ’n grootbaas in Suid-Afrika?

Dis die sleutelvraag wat die ouditfirma Deloitte in sy nuutste verslag oor uitvoerende hoofde se vergoeding vra.

Die verslag is Maandag bekend gestel en fokus op die salarisse wat uitvoerende hoofde van genoteerde maatskappye in Suid-Afrika in 2019 verdien het.

Salarisse word in maatskappye se jaarverslae uiteengesit.

Wanneer daar net gekyk word na hul gewaarborgde salaris, wat hul basiese salaris, voordele en bydraes tot die maatskappy se mediese en/of aftreefonds insluit, verdien uitvoerende hoofde tussen sowat R1 miljoen en R20 miljoen per jaar.

Daar is egter ’n paar wat tussen R20 miljoen en R40 miljoen per jaar verdien, en een uitskieter wat bykans R100 miljoen per jaar verdien.

Dié salarisse sluit enige kort- en/of langtermynbonusse en aandele uit.

Deloitte sê gesien die huidige ekonomiese omgewing in die land, kan aandeelhouers en die publiek met reg vra of die salarisse wat veral uitvoerende hoofde verdien, geregverdig kan word.

Deloitte gee ’n lys van 11 kriteria. ’n Salaris wat dít kan dek, beskou die firma as “regverdig en billik”.

Volgens Deloitte behoort ’n uitvoerende hoof se salaris die volgende te kan dek:

  • ’n Groot woning binne 15 tot 30 minute se reis van die sakekern of waar ook al die persoon werk;
  • Skool- en universiteitsopleiding vir twee tot drie kinders;
  • Twee tot vier motors na gelang van die ouderdom van die kinders en die reisbehoeftes van die gesin;
  • Sekuriteit en risikoversekering;
  • Eie en familie en vriende se vermaak, wat ’n jaarlikse vakansie insluit;
  • Verblyf, lewenskoste en geriewe tuis;
  • Vakansiehuis binne Suid-Afrika se grense;
  • Enige personeel wat vir die gesin werk se salarisse;
  • Aftrede;
  • Buitelandse beleggings; en
  • Lidmaatskap aan private klubs soos sportklubs.

Deloitte sê hoewel elke uitvoerende hoof se omstandighede en behoeftes uniek is, kan daar met redelikheid gesê word dat ’n salaris wat die bostaande dek ’n “gemaklike lewe” sal verseker, sonder dat enige addisionele betalings gedoen hoef te word.

Hy sê dus dat sou ’n maatskappy ’n uitvoerende hoof sy jaarlikse salaris as kontantbonus betaal – wat beteken die persoon kry dubbel die bedrag – dan moet die uitvoerende hoof “uitsonderlike prestasie getoon het”.

“Drievoudige beloning moet slegs verkry word deur uitsonderlike prestasies wat nie gereeld gesien word nie.”

Meer oor:  Deloitte  |  Verslag  |  Beroepe  |  Salaris  |  Inkomste  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.