Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Dié 10 vaardighede sal nou vir jou werk verseker

Suid-Afrika se werkgewers sukkel al hoe meer om poste te vul, ten spyte van die hoë werkloosheid in die land, luidens die jongste verslag deur die ManpowerGroup oor die tekort aan talent.

Die regte IT-vaardighede sal vir jou werk verseker. Foto: Getty Images

Die navorsing wys 32% van werkgewers in Suid-Afrika sukkel om poste te vul. Tussen 2007 en 2013 was daar ’n merkwaardige verbetering in dié syfer van 39% tot slegs 6%, maar sedert 2013 het dit weer skerp toegeneem omdat die Suid-Afrikaanse ekonomie sukkel om op dreef te kom.

Te min ondervinding en té hoë salarisverwagtinge is van die grootste redes vir dié probleem.

In vergelyking met wêreldwye tendense is die gebrek aan ondervinding omtrent 50% meer, en te hoë salarisverwagtinge 16% meer in Suid-Afrika.

Onder groot maatskappye is die probleem om werknemers te kry, die ergste. Luidens die verslag sukkel 57% van maatskappye met meer as 250 werknemers om hul poste te vul.

Die mees gesogte vaardighede is:

  • Geskoolde ambagte soos elektrisiëns, sweisers en werktuigkundiges;
  • Bestuurders op lae- en hoëvlak;
  • Verkoopslui aan ondernemings en verbruikers;
  • Ingenieurs – chemies, elektries, siviel en meganies;
  • Tegnici;
  • Rekeningkundiges, ouditeure, en ontleders;
  • Kantoor-ondersteuningspersoneel;
  • Motorbestuurders vir aflewerings, openbare vervoer, vragmotors en konstruksie;
  • Onderwysers in alle vakke; en
  • IT-werknemers vir kuberveiligheid en netwerk-administrateurs.

Die ManpowerGroup het ook raad vir maatskappye. “Om in die digitale era te wen, verg vinniger, meer geteikende benaderings as ooit tevore.”

Werkgewers moet fokus op:

  • Belê in kennis en ontwikkeling om jou “talent-pyplyn” te ontwikkel;
  • Werf die beste talent van buite die maatskappy as dit nie vinnig genoeg gekweek kan word nie;
  • Kweek gemeenskappe van talent buite die organisasie, insluitende deeltydse, vryskut-, kontrak- en tydelike werkers om bestaande vaardighede aan te vul, en
  • Help mense om na nuwe poste binne of buite die organisasie te vorder.
Meer oor:  Werkloosheid  |  Beroepe  |  Indiensneming  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.