Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beroepe
Dís hoe skraps verhogings weens pandemie is

As jy gelukkig genoeg is om jou werk te kon behou deur die loop van die Covid-19-pandemie en staat van inperking, staal jou maar steeds: Verhogings gaan vanjaar skaars en skraps wees.

Verhogings gaan betreklik skaars wees in 2020, en die tendens kan voortgesit word in 2021. Foto: Pixabay

’n Peiling deur die konsultantfirma Willis Towers Watson wys dat Suid-Afrikaanse firmas drasties besnoei het aan verhogings vir die jaar.

Die peiling onder meer as 200 firmas dui op ’n gemiddelde daling van 20% in salarisverhogings wat vanjaar aangebied word, maar baie het verhogings heeltemal geskrap.

Meer as ’n vyfde (21%) van die 211 firmas in die peiling het gesê hulle gaan nie vanjaar verhogings aanbied nie.

’n Verdere 15% het hul beplande verhogings uitgestel tot later in die jaar, indien dit dan moontlik is.

Die paar werknemers wat wel nog verhogings gaan kry, word ook deur teleurstelling in die gesig gestaar.

Willis Towers Watson het bevind dat waar firmas aan die begin van die jaar gemiddeld beplan het om hul werknemers vanjaar 6,8% meer te betaal, het hierdie syfer nou gedaal tot 5,5%.

Met inflasie wat vanjaar sowat 4% gaan beloop, het werknemers net ’n reële verhoging van 1,5% wat op hulle wag.

  

Wat van 2021?

Dit lyk ook nie veel beter vir volgende jaar nie. Met inflasie wat na verwagting gaan styg tot 4,5% in 2021, is die verwagte verhogings op die tafel van 5,7% nog minder in reële terme (1,2%) as vanjaar.

“Dit is miskien verbasend dat ondernemings praat van gemiddelde salarisverhogings van 5,7% in 2021, maar baie ondernemings het meerjarige loonooreenkomste om na te kom en is ook bekommerd oor die behoud van hul beste personeel,” sê Melanie Trollip, direkteur van Willis Towers Watson in Suid-Afrika.

“Of die beplande 2021-salarisverhogings gekniehalter word, moet nog gesien word, maar ons verwag groot afwaartse druk, veral in die sektore wat die swaarste getref is.”

Vir werknemers kan 2021 dalk nóg ’n jaar van sukkel wees.

15% van die respondente sê hulle het reeds hul arbeidsmag verklein weens die pandemie, en ’n verdere 44% oorweeg dit nog om dieselfde te doen.

’n Kolossale 73% het besluit om nie meer werwingsaktiwiteite voort te sit nie en het poste gevries.

Nog 21% verwag om dieselfde te moet doen.

“Byna die helfte van die ondernemings beplan om hul personeelgetalle te verminder. Dit is nie ’n omgewing waar ondernemings vrygewig kan wees met salarisverhogings nie,” sê Trollip.

Meer oor:  Vergoeding  |  Salarisse  |  Verhogings  |  Beroepe  |  Loopbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.